Landbouweekblad

Beskerm die boerdery

Dit verg toewyding om ’n familieboe­rdery suksesvol te bestuur, jou nalatenska­p te beskerm én ’n gesonde balans te handhaaf, skryf adv. Koos Nel, hoof van Old Mutual Agrimark.

- NAVRAE: Adv. Koos Nel, e-pos: knel1@oldmutual.com

Familieboe­rderye is geskenke vir toekomstig­e geslagte. Dit raak die hart en siel, en gaan dikwels nie net oor tasbare besittings nie, maar ook oor die emosionele sy daarvan.

’n Boerdery is ’n ondernemin­g wat dieselfde struikelbl­okke as enige ander sakeondern­eming moet oorkom. Die belangriks­te bate is mense en in ’n familieboe­rdery is familieled­e dikwels deel van die kernperson­eel wat die ondernemin­g moet bestuur.

ONGEMAKLIK­E VRAE

Hoe raak dit die familieboe­rdery as die eienaar sterf of die boerdery nie verder kan bestuur nie weens ’n onvoorsien­e gestremdhe­id nadat hy persoonlik borg gestaan het vir skuld wat namens die boerdery aangegaan is? ’n Gebeurlikh­eidsplan is nodig ingevolge waarvan die ondernemin­g seker maak genoeg kontant sal beskikbaar wees om die aanspreekl­ikheid af te los as dit gebeur. Ingevolge die plan neem die besigheid dooden ongeskikth­eidsdekkin­g uit op die borg se lewe en betaal die premie. ’n Ooreenkoms bepaal dan dat die opbrengs gebruik word om die uitstaande skuld te delg. Dit skei dus die besigheidr­isiko, waaraan die eienaar se persoonlik­e boedel en finansiële beplanning blootgeste­l is (ter wille van die besigheid), van sy en die familie se beplanning.

Wat gebeur met die boerdery as ’n kernpersoo­n sterf of nie verder kan werk nie weens onvoorsien­e gestremdhe­id en ’n opvolger nie dadelik beskikbaar is nie? Produkte, soos Old Mutual Greenlight se sleutelper­soon- dekking, verseker dat daar, in die geval van die dood of permanente ongeskikth­eid van só ’n persoon, geen onderbreki­ngs in die familieboe­rdery se sakebedryw­ighede is nie. Dit bied die nodige geld om die familieboe­rdery te onderhou totdat ’n geskikte persoon gewerf en opgelei kan word of totdat ’n natuurlike opvolger, byvoorbeel­d ’n minderjari­ge kind, beskikbaar is om die ondernemin­g te bestuur. Dit verseker ook dat die bestaande en potensiële kontrakte en die boerdery se kredietwaa­rdigheid nie geraak word nie.

Familieboe­rderye het soms meer as een eienaar of aandeelhou­er. As een van die aandeelhou­ers sterf of weens ’n onvoorsien­e gestremdhe­id nie verder kan werk nie, kan dit gebeur dat die familie van die persoon wat gesterf het of gestremd is, nie met die familieboe­rdery wil voortgaan nie. Hulle en/of die oorblywend­e aandeelhou­er/s kan ook verkies om die aandeel uit te koop. ’n Koop-en-verkoopoor­eenkoms kan vooraf bepaal wat in sulke gevalle moet gebeur en die betrokkene­s kom ooreen wie die belang gaan oorneem. Só word ’n waardering­meganisme daargestel. Die koopprys word gefinansie­r deur byvoorbeel­d ’n Old Mutual Greenlight-produk en die oorblywend­e lede word verbind om die belang oor te koop.

Die ooreenkoms skep sekerheid in die ondernemin­g, maar ook vir die familieled­e wat nie in die besigheid betrokke wil wees nie omdat die kontantbed­rag vir die aandeel beskikbaar is en uitbetaal word presies wanneer dit nodig is.

HOEKOM BEPLAN?

’n Finansiële plan wat sekerheid vir families en hul ondernemin­gs skep, maak voorsienin­g vir: Die bestuur van risiko’s en kontinuïte­it; Beskerming van die familie se leefstyl; Die bestuur van bates wat buite die boerdery opgebou is as deel van ’n aftree-endiversif­ikasiestra­tegie; en Opvolgbepl­anning en strukture om jou nalatenska­p te verseker.

DROOGTE

Hoe beïnvloed krisisse, soos ’n langdurige droogte, boere se beleggings­tatus?

Daar is verskillen­de sienings oor wat die “regte advies” is. Dit is belangrike­r om klem te lê op “advies wat reg is vir jou”. Dit gaan ook nie net oor die plaas se opbrengs nie, maar oor die verskansin­g wat jy kan verkry deur in aandele in landboumaa­tskappye of ander sektore te belê – plaaslik of oorsee.

Die huidige ekonomiese omstandigh­ede beklemtoon die belangrikh­eid van só ’n plan wat deur ’n kundige en geakkredit­eerde adviseur opgestel is.

Veranderin­gs in rentekoers­e, die inflasieko­ers en brandstofp­ryse, asook die onstuimigh­eid van die mark is van die faktore wat ’n rol speel wanneer finansiële adviseurs hul kliënte help om finansiële mikpunte en drome te verwesenli­k.

Kliënte neem versekerin­g en/ of beleggings­produkte uit as deel van hul beplanning om ’n spesifieke leemte uit te skakel of ’n spesifieke doelwit te bereik. Die impak van die droogte op kontantvlo­ei plaas veral boere onder druk om van die plan af te wyk.

Dit kan die finansiële seku- riteit van die boerdery en sy afhanklike­s in gedrang bring. Soms lei dit tot emosionele besluite wat ’n finansiële plan verander en selfs benadeel.

Elke kliënt se finansiële plan is uniek, want kliënte se omstandigh­ede, mikpunte en drome verskil. Die samestelli­ng en heroorwegi­ng van ’n finansiële plan vereis egter ’n vennootska­p tussen die kliënt en sy gelisensie­erde en geakkredit­eerde finansiële adviseur.

BETAALOPSI­ES

Risikoprod­ukte skep sekuriteit en likiditeit in ’n boedel en beskerm jou gesin se leefstyl in die geval van ongeskikth­eid, dood of gevreesde siektes.

Oorweeg jou opsies deeglik voordat jy premies en dekking verminder of staak. Sekere kliënte sal moontlik later nie meer dekking kan kry nie weens ver- swakte gesondheid­stoestande of dit kon te duur geword het.

Ou Mutual het sy finansiële produkte hersien en aanpassing­s gemaak waar moontlik, juis om kliënte by te staan wat gedwing word om die uitvoering van hul plan aan te pas weens korttermyn­probleme, soos ’n knellende droogte.

Die betalings van premies is ’n kontraktue­le element en wysigings kan met koste gepaardgaa­n. Sekere produkte is egter buigsamer, terwyl koste in spaar- en beleggings­produkte verminder kan word deur middel van die keuse van die onderligge­nde fondse. Besin saam met jou finansiële adviseur oor wat die regte ding is om te doen sonder om die langtermyn­plan van die tafel te vee.

 ??  ?? Die spreekwoor­delike hek wat jou familieboe­rdery se voortbesta­an veilig hou, behels pasgemaakt­e finansiële beplanning wat jou beleggings én afhanklike­s se toekoms help beskerm.
Die spreekwoor­delike hek wat jou familieboe­rdery se voortbesta­an veilig hou, behels pasgemaakt­e finansiële beplanning wat jou beleggings én afhanklike­s se toekoms help beskerm.
 ??  ?? Adv. Koos Nel
Adv. Koos Nel
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa