KORTOM
Danksy ’n eenvoudige, maar slim plan waarmee ’n bestaande rooibos-gatmaker aangepas is, word elke plantgat behoorlik natgemaak voor die tee geplant word. Die plan het minder as R200 gekos omdat afvalmateriaal gebruik is. Op 3 November, drie maande nadat die plantjies geplant is en daar geen verdere reën uitgesak het nie, was daar steeds ’n 80%-stand in hierdie teeplantasie.