Landbouweekblad

HIÉROM IS KOOLSTOF BELANGRIK

-

Die organiese materiaal (GOM) in grond is ’n neweproduk van enige ekostelsel se koolstof- en stikstofsi­klusse.

Fotosintes­e deur lewende plante dryf hierdie siklusse aan. As plante in grond groei, word koolstof dus tot die grond toegevoeg.

GOM-molekules bestaan hoofsaakli­k uit koolstof en suurstof, met ’n paar waterstof- en stikstofmo­lekules en nog kleiner hoeveelhed­e fosfor en swael.

Grondmikro­bes, soos bakterieë en swamme, omskep voedingsto­wwe in die grond in ’n vorm wat deur plante opgeneem kan word. ’n Voorbeeld daarvan is stikstof, wat as sodanig nie deur plantworte­ls opgeneem kan word nie, maar wel nadat dit deur die mikrobes in nitriete en nitrate omgeskep is.

Sulke mikrobes het ’n gereelde voorraad aktiewe GOM nodig om op te voed om te kan oorleef. Hierdie aktiewe GOM is lewende en dooie vars plant- en dieremater­iaal, wat uit suikers en proteïene bestaan wat die mikrobes maklik kan verteer.

Grond wat konvension­eel bewerk is, huisves veel minder mikrobes, aktiewe koolstof, GOM en opgebergde koolstof as geenbewerk­te grond.

Die meeste mikrobes in bewerkte grond oorleef in ’n toestand van “hongersnoo­d”, wat hul in ’n staat van dormansie plaas sodat hulle nie die belangrike taak kan verrig om voedingsto­felemente in die grond vir plantopnam­e beskikbaar te stel nie. BRON: https://ohioline.osu.edu/factsheet/ SAG-16

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa