KORTOM
Die Lanzerac-landgoed sit steeds sy noue verbintenis met Pinotage voort. Die klimaat is in Lanzerac se guns, en sowat ’n vyfde van die aanplantings is Pinotage, met ’n stewige opbrengs en min viruslas. Ondanks die geskiedkundige nalatenskap eksperimenteer die wynmaker Wynand Lategan lustig met kultivars, versnitte en tegnieke.