Landbouweekblad

Wol se bulmark is ‘die nuwe normaal’

- — THEUNS BOTHA

WOLPRYSE gaan dié seisoen van krag tot krag. Boere het by drie opeenvolge­nde veilings meer as R200/kg vir vetwol in hul sak gesteek.

Hoewel daar nie op 15 November se veiling weer ’n rekordprys behaal is nie, het die markaandui­der met ’n verdere 1,3% gestyg om op R197,43 (skoon) te sluit.

In sy Oktober-markoorsig sê Cape Wools hoewel die swakker rand die mark ondersteun, is die onderligge­nde sterk vraag na wol van goeie gehalte die vernaamste rede vir die puik prestasie.

Die markaanwys­er vir Merinowol was op die laaste veiling in Oktober vanjaar op R181,99 per kilogram vir skoonwol, sowat 20% hoër as op die ooreenstem­mende veiling ’n jaar gelede. Die Australies­e markaanwys­er het in dieselfde tyd met 17% verbeter.

Hoewel ’n verdere verswakkin­g van die rand stukrag aan die mark kan gee, maan Cape Wools dat die prys van fynwol van 18-19 mikron waarskynli­k ’n boonste draaipunt bereik het, maar dat die prys van 21 mikron-wol nog verder kan styg.

Die vier grootste bestemming­s op ’n waardegron­dslag vir SuidAfrika­anse wol van Julie tot September was China (61,9%), Italië (17,3%), die Tsjeggiese Republiek (10,6%) en Bulgarye (4,1%).

Mnr. Louis de Beer, uitvoerend­e hoof van Cape Wools, sê die bulmark wat die wolbedryf kenmerk, is die “nuwe normaal”. Dit word gedryf deur nuwe produkontw­ikkeling, sterk verbruiker­svoorkeur en ’n wêreldwye aanbod op die laagste vlakke in 70-90 jaar.

SKANDAAL

Intussen het ’n skandaal die Australies­e wolbedryf getref toe daar by ’n meule in China beslag gelê is op 18 bale wol wat nie met die toetsresul­tate in Melbourne ooreenstem nie. Die polisie in die Australies­e deelstaat Victoria meen daar is met die bale gepeu-

ter nadat dit getoets is. Daar word gevrees dat dit die integritei­t van makelaars wat die uitvoer van wol behartig, in die gedrang kan bring. Die saak word nog ondersoek.

 ??  ?? 26 OKTOBER: R200/KGBO: Van links is mev. Delice en mnr. Mathew Morgan (verkopers), mnre. Ken Craig en Razeen Johaar (Standard Wools) en mnr. Basie Claassen (afslaer).
26 OKTOBER: R200/KGBO: Van links is mev. Delice en mnr. Mathew Morgan (verkopers), mnre. Ken Craig en Razeen Johaar (Standard Wools) en mnr. Basie Claassen (afslaer).
 ??  ?? 9 NOVEMBER: R213/KG BO: Van links is mnre. Wimpie Muller (koper, Tianyu South Africa), John en James Miller en mev. Ellen Miller (verkopers), mnr. Wolf Edmayr (BKB) en mnr Basie Claassen (afslaer).LINKS: Van links is mnre. Razeen Johaar en Ken Craig (Standard Wools), me. Joe-Ann Naudé (BKB) en mnr. Basie Claassen.
9 NOVEMBER: R213/KG BO: Van links is mnre. Wimpie Muller (koper, Tianyu South Africa), John en James Miller en mev. Ellen Miller (verkopers), mnr. Wolf Edmayr (BKB) en mnr Basie Claassen (afslaer).LINKS: Van links is mnre. Razeen Johaar en Ken Craig (Standard Wools), me. Joe-Ann Naudé (BKB) en mnr. Basie Claassen.
 ??  ?? 2 NOVEMBER: R202,90/KG
2 NOVEMBER: R202,90/KG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa