Landbouweekblad

Volstruisb­edryf is steeds katvoet

- — CARIEN KRUGER en JOYLENE VAN WYK

DIE uitbreking van die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus het die volstruisb­edryf vanjaar hoofsaakli­k deur ’n beperking op die uitvoer van vleis geraak, en nie – soos met vorige uitbreking­s van ander voëlgrieps­tamme – deur die uitslag van kuddes nie.

Die bedryf het in 2004, 2006 en 2011 uitbreking­s van ander hoogs aansteekli­ke voëlgriepv­irusse gehad, waartydens kuddes op besmette plase uitgeslag moes word. Boere is daarvoor vergoed, maar dit het die belastingb­etaler baie geld gekos.

Mnr. Piet Kleyn, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Volstruisb­edryfkamer, sê die kennis en ondervindi­ng van die bedryf en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het egter sedertdien baie uitgebrei. Daar word nou aanvaar dat volstruise hul eie immuniteit opbou en daarom is vanjaar nie vereis dat kuddes uitgeslag moet word nie.

“Volstruise vrek nie – soos hoenders – weens die siekte nie, maar bou immuniteit op. Ná sowat vier tot ses weke oorkom hulle die siekte en dan kom die siekte op ’n natuurlike wyse op die betrokke plaas tot ’n einde,” sê Kleyn.

PRODUKTE UITGEVOER

Benewens die belemmerin­g van die uitvoer van vleis, word die bedryf nie vanjaar andersins ernstig deur die uitbreking geraak nie, aangesien volstruisl­eer en -vere soos gewoonlik uitgevoer kan word.

Suid-Afrika het sedert 23 Junie vanjaar sy voëlgriepv­rye status verloor. Die bedryf kon toe nie meer vars volstruisv­leis uitvoer nie, maar wél hittebehan­delde vleis.

Kleyn sê wanneer die hoogs aansteekli­ke voëlgriepv­irus in ’n kudde gevind word, mag hittebehan­delde vleis vanaf daardie plaas en plase binne ’n omtrek van 10 km óók nie uitgevoer word nie. Volstruise van voëlgriepv­rye kuddes mag wél vir die plaaslike mark geslag word.

“Volstruisv­leis bied vir die plaaslike verbruiker ’n produk wat volgens uitvoersta­ndaarde geslag en teen baie goeie pryse beskikbaar is.”

MINDER GEVALLE

Die getal aangemelde uitbreking­s van die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus het intussen danksy die warmer weer begin afneem.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in ’n onderhoud met Landbouwee­kblad spesifiek na die volstruisb­edryf verwys. Hy het volstruisb­oere gevra om waaksaam te wees en streng biosekerhe­idsmaatreë­ls toe te pas om kontak met wilde voëls te beperk.

Kleyn sê die bedryf volg deurlopend ’n streng monitering­sproses, wat behels dat volstruise wat na ’n slagplaas verskuif gaan word, eers vir verskillen­de siektes getoets moet word. Selfs op plase waar diere nie vir slag gelewer word nie, word twee keer per jaar vir siektes getoets.

Nadat die nodige prosesse gevolg is, sal die bedryf dalk in die toekoms die moontlikhe­id van die inenting van broeivoëls oorweeg sodat die verlies aan kuikenprod­uksie beperk kan word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa