Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

VIER huise en ’n voertuig is verlede week aan die brand gesteek op Vlakfontei­n naby Groblersda­l in Limpopo en twee vermeende veediewe is deur die polisie gered nadat inwoners in opstand gekom het weens ’n vlaag veediefsta­lle in die omgewing.

Mnr. Jantjie Mahlangu, die dorp se hoofman, het gesê dorpenaars is steeds kwaad, want veediefsta­l is reeds jare lank ’n probleem. Hul woede het oorgekook toe ’n paneelwa in die gebied opgemerk is met van die plaaslike mense se bokke aan boord.

’n Groep mense het toe saamgespan en die eiendomme begin afbrand van die mense wat hulle vermoed agter die diefstalle sit. Die groep het twee verdagtes vasgetrek wat later deur die polisie bevry is.

Een inwoner, wat gevra het om anoniem te bly, het gesê hy is kwaad omdat sy familie oor die jare 38 beeste verloor het. “Die enigste oplossing vir ons is om die mense wat dit doen, dood te maak. Daar is geen ander manier nie.”

’n Ander inwoner het gesê hulle neem die reg in eie hande omdat die polisie niks doen aan die probleem nie. “Dis nog nie verby nie. Die probleem is dat die polisie ons nou keer om klaar te maak wat ons begin het. Maar hulle kan nie vir altyd hier bly nie. Vroeër of later sal hulle moet padgee, en dan sal ons weer begin.”

’n Vrou en haar kind het met net die klere aan hul lyf uit hul brandende huis ontsnap. Lt.-kol. Moatshe Ngoepe, ’n polisiewoo­rdvoerder, het mense gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa