Landbouweekblad

HELP BOERE SÓ MET VEILIGHEID

-

’n Mens mag nie begeer nie, maar daar is ’n groot behoefte aan begrip vir en ondersteun­ing aan ons boerderyge­meenskap, veral in sekere geteisterd­e dele van Suid-Afrika.

As mense, en dit sluit alle burgers van die land in, en veral sekere groot private maatskappy­e en verskaffer­s aan die landboubed­ryf, net vir ’n oomblik wil besin, sal hulle verstom staan dat hulle met oogklappe aan gulde geleenthed­e by hulle laat verbygaan.

Kom ons vra vir Cell C, MTN en Vodacom wat hul bydrae tot Suid-Afrika se boerderyge­meenskap spesifiek is. Hulle het die vermoë om miljoene rande aan TV-advertensi­es, sportspann­e en ander bedrywighe­de te bestee.

Hul bedryf leen hom uitstekend daartoe om moderne tegnologie te gebruik om kommunikas­ie aan die landelike en veral boeregemee­nskap beskikbaar te stel. Vergeleke met die astronomie­se bedrae wat hulle aan borgskappe en advertensi­es bestee, sal dit hulle nie veel kos om hul steun aan die boeregemee­nskappe te toon nie.

Kom ons daag hulle uit om projekte vir die veiligheid van ons boere van stapel te stuur. Wat van ’n “boereveili­gheidshulp­lyn” met ’n spesiaal gereservee­rde nommer? Wat van ekstra torings waar boere geen of ’n bitter swak sein het?

Ek nooi graag die selfoonreu­se om ’n toring om my plaas te kom oprig sodat ons boere beter kommunikas­ie kan hê tydens ’n noodgeval. Wie gaan dié uitda- ging aanvaar? Daar is ’n legio geleenthed­e wat hulle kan aangryp om ons boere te ondersteun.

Dan kan die Minister van Polisie ons boere ook tegemoet kom. Skep ’n spesiale stelsel vir boere wat om selfverded­igingswape­ns aansoek doen deur die proses van die nasionale aansoekhan­teringspro­ses te skei ten einde boere se aansoeke te bespoedig. Tans duur my aansoek slegs om ’n bevoegdhei­dsertifika­at te kry twee tot drie maande. Dan eers begin die proses om om ’n vuurwapenl­isensie aansoek te doen. Teen die tyd wat die wapenaanso­ek goedgekeur is, is ek al vermoor.

Wat doen die groot vuurwapenh­andelaars en jagtersver­enigings spesifiek om die boere se saak te verbeter? Hulle is baie stil in hierdie opsig, of is dit omdat alle boere nie lid is van hulle nie? Sonder die boer se grond is daar net wild op nasionale en bewaringsg­rond. Daar is dus geen diere of jag sonder die boer se grond nie.

En wie gaan jagwapens koop as daar nie meer plase is wat jaggeleent­hede bied nie?

Ek vra weer, besin net vir ’n oomblik oor boere se oproep om veiligheid. En my uitdaging aan die selfoonreu­se staan. JAMES BOUCHER Aliwal-Noord

 ??  ?? NUWE BOERTJIE . . . Klein Eoin van Schalkwyk mag miskien net vier en ’n half maande oud wees, maar hy raak vreeslik opgewonde om saam met sy pappa, Emile, te gaan boer. Hy en die skaaphond, Lalla, ry graag saam op die trekker en albei is dol oor die...
NUWE BOERTJIE . . . Klein Eoin van Schalkwyk mag miskien net vier en ’n half maande oud wees, maar hy raak vreeslik opgewonde om saam met sy pappa, Emile, te gaan boer. Hy en die skaaphond, Lalla, ry graag saam op die trekker en albei is dol oor die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa