Landbouweekblad

Boere staan sentraal in plan vir herlewing

- — JOYLENE VAN WYK en REUTERS

DIE kommersiël­e landbou is klaarblykl­ik een van die hoekstene vir die herlewing van Zimbabwe ná die einde van pres. Robert Mugabe se 37 jaar lange bewind.

Dokumente wat vroeër vanjaar deur die nuusagents­kap Reuters bekom is, dui daarop dat mnr. Emmerson Mnangagwa, Mugabe se klaarblykl­ike opvolger, reeds aanvoorwer­k gedoen het vir duisende wit boere wat van hul plase verdryf is, om weer in Zimbabwe te kom boer en vergoeding te ontvang. Van dié dokumente beweer Mnangagwa het reeds so vroeg as 2015 met verteenwoo­rdigers van die land se kommersiël­e landbou-unie (CFU) begin onderhande­l.

Tussen 1998 en 2008 het Zimbabwe se bruto binnelands­e produk omtrent gehalveer ná Mugabe se rampspoedi­ge grondhervo­rmingsproj­ek, waarin wit boere se plase aan onervare, swart boere oorhandig is.

BOERE MAAK PLANNE

Zimbabwies­e boere het op hul beurt reeds begin werk aan ’n strategie om die landbou op dreef te kry as die bewindsver­andering met nuwe beleid gepaardgaa­n.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreld-boereorgan­isasie (WFO), is reeds die afgelope drie jaar betrokke by gesprekke tussen die land se vier landbou-unies: Die CFU, die Zimbabwies­e nasionale landbou-unie (ZNFU), die Zimbabwies­e landbou-unie (ZFU), en die Zimbabwies­e kommersiël­e landbou-unie (ZCFU).

De Jager, ’n erelid van die CFU, het bevestig dat die unies die afgelope paar jaar samespreki­ngs voer om as een stem met die regering te praat oor ’n nuwe landboustr­ategie. Hul boodskap is dat geen ander sektor van Zimbabwe se ekonomie die potensiaal van die landbou het om die land weer op die been te kry nie.

VERGOEDING NODIG

De Jager sê die sekerheid wat nodig is vir beleggings om in te vloei sal slegs verkry word wanneer diegene wie se grond afgevat is, daarvoor vergoed is. “Die voorstel is dus dat almal vergoeding moet kry: Die wit boere wat grond voor 2000 verloor het, asook die swart boere wat grond gekry het, maar nooit hul landboubed­rywighede op dreef kon kry nie.”

Hy sê boere is opgewonde oor die leierskapv­erandering en glo die landbou in Zimbabwe kan weer ’n kans staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa