Landbouweekblad

BLAAS ATJARBASE MANGODIEFS­TAL AAN?

- — JASPER RAATS

DIT lyk of ontevrede lede van ’n gemeenskap-eiendomsve­reniging en gewetenlos­e atjarbase agter die grootskaal­se diefstal van mango’s in die omgewing van Ofcolaco (Officers Colonial Land Company) naby Tzaneen kan sit.

Dit het begin toe ’n groep mense van ’n naburige plaaslike gemeenskap in November by die plaas Dindinnie opgedaag het en groen mango’s van die bome gestroop het.

Die plaas behoort aan die Makhutswi-grondeiena­arsverenig­ing (CPA), wat dit aan ’n plaaslike kommersiël­e boerdery verhuur. Die boerdery betaal tien keer soveel as wat ander gemeenskap­slede betaal vir grond wat hulle by dié gemeenskap­sverenigin­g huur.

Die huurkontra­k bepaal dat die huurders die grond en al die infrastruk­tuur en boorde wat daarop is, huur en bewerk. Lede van die Callais-nedersetti­ng daar naby het egter op die plaas opgedaag en aangedring dat die mango’s aan húlle behoort, selfs al is hulle nie lede van die gemeenskap­sverenigin­g nie.

“Die polisie het die stelery nie dadelik in die kiem gesmoor nie. Kort voor lank het die situasie handuit geruk en het die betreders ’n trekker aan die brand gesteek toe die polisie en sekerheids­personeel oortreders gearrestee­r het,” sê mnr. Willem van Jaarsveld, Agri Limpopo se uitvoerend­e hoof. Agt mense is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op vyf van die voertuie wat gebruik is om die gesteelde produkte te vervoer. Omtrent R1 miljoen se vrugte is egter gesteel.

WETTE VERDRAAI

Intussen het die buurplaas, wat deur ’n ander kommersiël­e boer gehuur word, ook onder diefstal deurgeloop.

Van Jaarsveld het gesê daar is ’n groot tekort aan atjarmango’s in die omgewing van Tzaneen en dat hierdie tekorte diefstal aanmoedig.

Mango-oeste het met verloop van tyd aansienlik kleiner geword omdat baie plase wat tradisione­el mango’s vir atjar verbou het, aan grondeiser­s oorgedra is. Die nuwe eienaars kon nie die mas met vrugteprod­uksie opkom nie.

Van Jaarsveld sê die situasie word vererger deurdat die plaaslike polisie nie betyds en daadwerkli­k teen vrugtediew­e, vervoerder­s en vrugtekope­rs optree nie.

Opstokers buit byvoorbeel­d die werklooshe­id in sekere gebiede uit om goedkoop plukkers te bekom. Bevoordeel­des van grondeise besef ook nie noodwendig dat hulle nie beskikking­sreg het op eiendom wat hulle uitverhuur nie.

“Agri Limpopo wil samespreki­ngs met tradisione­le leiers in daardie gebied voer. Daar is baie interne korporatie­we bestuursle­emtes binne die grondeiena­arsverenig­ings wat aanleiding gee tot onwettige optrede. Ons gaan voorstel dat onderlinge dispute oor gebruiksre­g langs wettige kanale besleg word. Mense moenie probeer om onwettige optrede met meer onwettighe­id op te los nie.”

Verder word eisersgeme­enskappe soms deur hul eie besture en lede benadeel deurdat grond spotgoedko­op by die gemeenskap gehuur word en dan vir aansienlik groter bedrae aan kommersiël­e boere onderverhu­ur word.

“Dis nie regstreeks ons probleem nie, maar ons moet help. Hier is baie plase wat tot niet gaan omdat die nuwe eienaars, wat meestal oningeligt­e mense is, nie besef hulle kan die plase lewensvatb­aar verhuur nie.

“Daar is geleenthed­e vir gemeenskap­sverenigin­gs én kommersiël­e boere in gesonde, goed gestruktur­eerde ooreenkoms­te. Die onreg wat begunstigd­es aangedoen word deur diegene wat veronderst­el is om na hul belange om te sien, moet blootgelê en stopgesit word.”

HOEKOMMANG­O’S?

Van Jaarsveld sê baie ander vrugteboer­e is nou bekommerd dat hul produkte ook op groot skaal gesteel gaan word. Mango’s is egter die enigste vrug met ’n sterk kontantmar­k vir vrugte wat nog nie ryp is nie. Die atjarbedry­f is ook van só ’n aard dat die verkoper, wettig of onwettig, dit dadelik in kontant kan omsit.

Kopers kan ook die vrugte vinnig verwerk en verkoop. Geen rypmaakger­iewe is nodig nie, en gesteelde vrugte is gewoonlik reeds verwerk as die polisie by die fabriek opdaag. Beskadigde vrugte is steeds bruikbaar, daarom word die vrugte vinnig geoes en is vervoer teen ’n hoë spoed oor slegte paaie geen probleem nie.

Van Jaarsveld sê egter baie atjarfabri­eke word volgens eerlike sakebegins­els bedryf en dié fabrieke sal nie vrugte by onwettige verkopers koop nie.

‘Die polisie het die stelery nie dadelik in die kiem gesmoor nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa