Landbouweekblad

BOERE LY STEEDS WEENS DROOGTE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

ROOIVLEISB­OERE in KwaZulu-Natal is betreklik optimistie­s ná wydverspre­ide reën oor die Middelland en die noorde van die provinsie, maar die provinsie is nog nie heeltemal uit die kake van die droogte verlos nie.

“Daar is nog groot gedeeltes in die noorde van KwaZulu-Natal wat regtig droog is,” sê mnr. Hendrik Botha, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (KZNRPO) – veral dele van Zoeloeland se kommunale streke en die noorde van die provinsie.

“Ondanks die droogte in hierdie gedeeltes is ons dankbaar om te sê die veegetalle in die provinsie het nie so drasties soos in ander dele van Suid-Afrika gedaal nie,” sê Botha. Hy het verwys na die Nasionale Rooivleisp­rodusente-organisasi­e se data wat wys dat die nasionale koeikudde met 15% tot 17% gedaal het.

“KwaZulu-Natal se kuddes het taamlik goed deur die droogte gekom en wat produksie betref, is die provinsie in ’n goeie posisie,” het Botha gesê.

Daar is wel kommer oor dieregeson­dheid, met verslae van uitbreking­s van siektes, soos rooiwater en beestuberk­ulose, op sommige plase in Zoeloeland. Daar is ook kommer oor bek-enklouseer, veral in gebiede wat aan Suid-Afrika se buurlande grens.

Botha meen egter dat die KwaZulu-Natalse Dieregeson­dheidsforu­m, met die samewerkin­g van die nasionale Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se veeartseny­diens en veeartseny­organisasi­es, hanteer die kwessies goed.

VEEDIEFSTA­L

Intussen bly veediefsta­l ’n groot probleem in die provinsie.

“KwaZulu-Natal is op een na die digbevolks­te provinsie in Suid-Afrika. Met die werkloos- heidsprobl­eem en wetteloosh­eid in die provinsie is veediefsta­l ’n wesenlike probleem en ’n groot bron van kommer vir ons boere. Boonop grens ’n groot deel van KwaZulu-Natal aan Lesotho en veediefsta­l vind na albei kante van die grens plaas.

“Boere in verskillen­de distrikte is egter goed georganise­er en ons werk ook sover moontlik goed saam met die verskillen­de veediefsta­leenhede in die provinsie,” sê Botha.

“Ongelukkig word slegs 30% van veediefsta­lgevalle tans aangemeld, grootliks weens die baie rompslomp om ’n geval aan te meld,” sê Botha.

“Die prysaanpas­sing vanjaar het vleisboere egter ekonomies gesproke in ’n beter posisie teenoor ’n jaar gelede geplaas. Ons is dus optimistie­s oor die pad vorentoe en oor die bedryf,” sê Botha.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa