Landbouweekblad

Inmaker se watertekor­t bring perskeprys in gedrang

- LUCILLE BOTHA

PERSKEBOER­E moet hulle staal vir ’n baie moeilike produksiej­aar waartydens poel B-riglyne kan geld te midde van ’n moontlike waterkrisi­s by Langeberg & Ashton Foods (L&AF).

L&AF het kennis gekry dat sy fabriek straks in dié produksiej­aar met 25% minder water oor die weg sal moet kom.

“Dit is ’n groot probleem en sal ’n kwaai impak hê op hoe die fabriek bestuur word. As ons elke dag net 75% van die water kry wat ons nodig het, sal dit rampspoedi­g wees. Ons moet dus nou saam met boere en die munisipali­teit werk om die invloed te beperk. Ons sal met kreatiewe oplossings vorendag moet kom, soos om drie dae te werk en dan een dag af te wees,” sê mnr. Nassos Martalas, uitvoerend­e bestuurder van L&AF.

Volgens hom pas die fabriek reeds “radikale waterbespa­ringsmaatr­eëls” toe, maar die waterbeper­king is ’n groot bron van kommer omdat die inmaakpros­es uiters waterinten­sief is.

GROOT KOMMER

Martalas sê hulle voorsien nie probleme vir die appelkooso­es nie omdat dit binnekort ingeneem word. Dieselfde geld pere omdat dit ’n goeie opbergings­vermoë het.

“Die waterkrisi­s gaan glo in Januarie en Februarie wees en perskes is ons groot bekommerni­s, want dit het ’n lang, uitgerekte oestyd,” sê hy.

Martalas sê hoewel die fabriek alle vrugte sal neem, het hy reeds vir boere laat weet dat poel B-riglyne vir perskes toegepas kan word, wat beteken dat boere teen ’n veel laer pryspunt vergoed sal moet word.

“Perskes is baie vatbaar vir verouderin­g. Selfs met gewone innames is ons dae in die koelkamers veels te lank. As ons nog ’n verdere 10-15% by die koelkamert­yd moet bysit, raak die vrugte bykans onbruikbaa­r,” het hy gesê met verwysing na die kans dat vrugte opgeberg moet word tot op dae waarop die fabriek wel gaan loop. Die perske-oestyd begin rondom Kersfees.

“As die waterbeper­kings inskop, sal ’n deel van die vrugte nie meer vir inmaak verwerk kan word nie en sal ons boere teen ’n ander pryspunt daarvoor moet vergoed. Vir die deel van die vrugte wat ons inneem en wel kan inmaak, waarborg ons ’n gehaltepry­s, maar vir die res is daar darem ’n vloerprys.”

‘ROOKSKERM’

Mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Inmaakpro- dusentever­eniging, meen L&AF gebruik die watersitua­sie as ’n rookskerm om minder vrugte by boere te koop. Hy het einde Oktober op ’n inligtings­dag op Robert-

son gesê daar is wêreldwyd ’n lae vraag na inmaakvrug­te, wat pryse onder druk sit. Agterskotb­etalings vir perskes en pere vir die produksiej­aar 2016-’17 gaan ook heelwat laer wees as geprojekte­er.

“Die huidige produksiej­aar hou ernstige probleme vir L&AF in. Die reën wat vandeeswee­k in sekere produksies­treke geval het, is ’n enorme seën en voordeel, maar nou sit ons met ’n fabriek wat nie al die vrugte gaan vat nie.”

Hy meen die boere kan help planne beraam om die fabriek aan die gang te hou met water, soos om self besproeing­swater af te staan.

Victor sê die fabriek se swak finansiële prestasie word ook voorgehou as ’n rede om minder vrugte (en teen swakker pryse) in te vat.

“Tigerbrand­s – waarvan L&AF ’n filiaal is – se finansiële resultate word einde November bekend gemaak, maar die swak vertoning kan reeds in die maatskappy se aandeelpry­s gesien word.”

PLANNE VIR BOERE

Victor sê perskeboer­e moes teen hierdie tyd al hul ou, nie-winsgewend­e boorde uitgehaal het sodat dit nie onnodig water gebruik in die droogtetoe­stande nie.

“Boere moet ook die graderings­aspekte in gedagte hou en al hul tweede- en derdegraad­vrugte van die bome verwyder. As jy swakker vrugte lewer, kry jy ’n baie swak prys. Daarom moet boere daarna mik om al hul vrugte in die klas 1 inmaakgraa­d te kry. Verder moet boere ook probeer om hul vruglading te verminder om groter vrugte te verseker.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa