Landbouweekblad

SA KAAS ONDER WÊRELD SE BESTES

- — CARIEN KRUGER

DALEWOOD Fromage, ’n klein Wes-Kaapse familiekaa­smakery se Dalewood Huguenot-kaas is as die beste Jerseykaas ter wêreld op vanjaar se World Cheese Awards in Londen, Brittanje, aangewys.

Op ’n lys van die 16 beste kase ter wêreld deel die handgemaak­te Huguenot die derde plek met ’n Oostenryks­e kaas. Dit het ook ’n supergoue eerbewys gekry en was die enigste Suid-Afrikaanse kaas onder die top-66 kase (uit 3 001 inskrywing­s).

Mev. Petrina Visser, wat Dalewood by Simondium saam met haar man, Rob, besit, sê die Huguenot, ’n semi-harde kaas wat vir ses tot twaalf maande verouder word, proe “soos ’n niggie van gruyère – mediumvol in karakter met soet, neuterige ondertone”.

Sy sê dit is die beste wat hulle nóg presteer het. In 2010 en 2014 het hulle ook supergoue eerbewyse ontvang. Vanjaar het hulle benewens supergoud ook’n goue eerbewys vir hul Dalewood Boland gekry.

OPGEWONDE

Visser is baie opgewonde oor nóg Suid-Afrikaanse kaasmakers wat presteer het en sê Suid-Afrikaners onderskat hulself dikwels.

Die Belnori-boetiekkaa­smakery van Gauteng het op dieselfde kompetisie altesame vier eerbewyse gekry. Me. Rina Belcher, mede-eienaar, sê hulle is baie in hul skik omdat ál drie hul melksoorte pryse gewen het. Hul Kilembe-bokmelkkaa­s het goud gewen en hul Tanglewood-bokmelkkaa­s brons. Hul Balmoral, ’n beesmelkka­as, het silwer gewen en Benedictus, ’n skaapmelkk­aas, ook brons.

Rina en haar man, Norman, is

ook deur mnr. Kobus Mulder, SuidAfrika­anse kaaskenner, benoem as mense wat na verwagting die volgende hoofstuk in die kaasbedryf gaan skryf. Dié benoemings is gedoen ter viering van die kompetisie se 30ste bestaansja­ar.

NOG PRYSE

Ander Suid-Afrikaanse uitblinker­s by vanjaar se kompetisie was Parmalat (silwer vir sy 20 maande verouderde Woolworths Mature Gouda en brons vir sy Parmalat Medium Cheddar), Langbaken Cheese (brons vir sy Karoo Crumble), Klein River Cheese (silwer vir sy Klein River Matured Gruberg) en Meze Foods (silwer vir sy Halloumi).

Die 230 beoordelaa­rs het ’n Britse kaas, Cornish Kern, gemaak deur Lynher Dairies Cheese Company, as die algeheel beste kaas aangewys (75 punte uit 80).

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Dalewood Fromage se Huguenot (heel bo) is as die beste Jerseykaas ter wêreld aangewys en sy Boland (links bo) het ’n goue eerbewys gekry. Belnori se vier kase wat pryse gewen het (regs bo) is, kloksgewys van bo, Tanglewood, Kilembe, Benedictus en...
FOTO’S: VERSKAF Dalewood Fromage se Huguenot (heel bo) is as die beste Jerseykaas ter wêreld aangewys en sy Boland (links bo) het ’n goue eerbewys gekry. Belnori se vier kase wat pryse gewen het (regs bo) is, kloksgewys van bo, Tanglewood, Kilembe, Benedictus en...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa