Landbouweekblad

KOMMER OOR INVOER UIT LANDE MET SUBSIDIES

- — CARIEN KRUGER

DIE Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf is internasio­naal mededingen­d, maar kan moeilik meeding met produkte uit lande waar die staat produsente ondersteun.

Dié onmededing­ende praktyke in ander lande veroorsaak dat die plaaslike bedryf se produkte onmededing­end word, sê mnr. Melt Loubser, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro).

Loubser het op die 13de Afrika-suiwelkonf­erensie en -tentoonste­lling (Afda) in Johannesbu­rg gesê plaaslike markte werk goed, en in teenstelli­ng met groot skommeling­e op die internasio­nale mark is vraag en aanbod hier in ’n groot mate in balans.

Weens die invoer van goedkoop langleweme­lk uit Pole word langleweme­lk in Suid-Afrika ’n produk wat onderhewig is aan baie skommeling­e – veel meer as ander produkte. Hy sê die prys van Pole se langleweme­lk is beduidend laer as dié in die res van die wêreld.

“Produkte waarby daar aan die

produksiek­ant deur maatreëls ingemeng is, sal die ontwikkeli­ng van ons eie bedryf belemmer. Afrika moet sy eie produksiep­otensiaal inspan as hy wil ontwikkel, anders sal hy deur die res van die wêreld bedien word.”

MEDEDINGEN­DHEID

Volgens Loubser is dit belangrik dat bedrywe en regerings bedag is op die invloed wat handel kan hê met lande waar subsidies betrokke is. Deurlopend­e verbeterin­g van die Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf se mededingen­dheid is noodsaakli­k. Dit moet geskied deur aksies van die bedryf en verbeterde dienslewer­ing deur die openbare sektor.

Suid-Afrikaanse suiwelprod­ukte ding nie net met plaasverva­ngerproduk­te en ingevoerde suiwel mee nie, maar ook met talle ander produkte en dienste.

Mnr. Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van Sampro, het gesê ’n bedryf se mededingen­dheid moet verhoog word om bestand te kan wees teen internasio­nale mededingin­g. Daar moet egter ook gepaste handelstel­sels wees.

In die lig van talle vryehandel­sooreenkom­ste tussen Afrikaland­e wat tans oorweeg word, meen hy vrye handel ten opsigte van suiwelprod­ukte moet beperk word tot suiwelprod­ukte wat hul oorsprong net in Afrika het.

“As dit nie gedoen word nie, sal suiwelprod­ukte wat gemaak is van melkpoeier wat teen kunsmatig lae pryse van buite Afrika ingevoer word, die Afrika-mark oorheers. Dit sal die uitbreidin­g van veral melkproduk­sie in Afrika ernstig aan bande lê.”

Kraamwinke­l sê egter ook die suiwelbedr­yf moenie sonder meer die skuld net op invoer pak wanneer hy nie geld maak nie.

Loubser meen internasio­nale handel is ’n gemeenskap­like probleem vir almal in die suiwelbedr­yf in Afrika. Bedrywe op die vasteland moet saamstaan om beleid ter bevorderin­g van ekonomiese ontwikkeli­ng in Afrika te beïnvloed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa