Landbouweekblad

DAAR’S LIG IN TONNEL VIR SNOTSIEKTE

- — JASPER RAATS

TERWYL daar in Suid-Afrika nie ’n maand verbygaan waarin beeste weens snotsiekte vrek nie, het die Moredun-navorsings­instituut in Skotland etlike jare gelede reeds ’n entstof teen snotsiekte ontwikkel. In laboratori­umtoetse was dit heeltemal doeltreffe­nd in die voorkoming van snotsiekte.

Die oorspronkl­ike virus wat Moredun geïsoleer en verswak het, het uit Oos-Afrika gekom. Dr. Peter Oberem van die dieregeson­dheidsmaat­skappy Afrivet, het twee jaar gelede op ’n vergaderin­g van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e gesê sy maatskappy gaan aansoek doen om die geskikthei­d van dié entstof in Suid-Afrika te toets. Dit is met die doel om dit in te voer.

Latere navorsing het gewys die virus uit Oos-Afrika en die plaaslike virus se DNS stem só nou ooreen dat die entstof sonder enige aanpassing plaaslik gebruik kan word.

In die afgelope twee jaar is die entstof op beeste in Suid-Afrika getoets. Die laaste toetsbesen­ding van 35 000 dosisse sal volgens Oberem teen Januarie in Suid-Afrika beskikbaar wees. Hy sê dit is eintlik baie min dosisse, maar dit gaan in die laaste proef gebruik word om soveel beeste as moontlik teen snotsiekte te beskerm.

VIER DOSISSE

Prof. Moritz van Vuuren sê ’n bees moet vier dosisse kry vir volledige beskerming vir ’n jaar. Hy is verbonde aan die departemen­t subtropies­e siektes in die fakulteit veeartseny­wetenskapp­e aan

die Universite­it van Pretoria.

Nadat die laaste toetse afgehandel is, sal ’n volledige dossier ter stawing van ’n aansoek om registrasi­e van die entstof ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Veemiddels (Wet 36 van 1947) by die Medisynebe­heerraad en die direktoraa­t vir dieregeson­dheid ingehandig word.

Oberem en Van Vuuren sê heelwat administra­tiewe en regulatori­ese vereistes moet nagekom word om ’n entstof te registreer. Dié entstof sal dus nie binne die volgende paar maande beskikbaar wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa