Landbouweekblad

VOLSTRUISB­OERE WORD ‘VAN TWEE KANTE GEKLAP’

- — AMELIA GENIS

VOLSTRUISB­OERE in die WesKaap kry ’n dubbele hou van die droogte én voëlgriep, sê mnr. Joey Potgieter, volstruisb­oer en voorsitter van Agri Klein-Karoo.

Altesaam 30 boere het al 40 volstruisp­lase se registrasi­e laat intrek en slaggetall­e sal na verwagting daal van 150 000160 000 volstruise in 2017-’18 tot 110 000-120 000 in die seisoen 2018-’19 wat in Julie 2018 begin. “Dis boere wat sê hulle gaan nie meer met volstruise boer nie.”

Potgieter sê hulle het middel November sowat 20 mm reën gekry, maar ’n mens kan nie sien dat dit ’n verskil aan die veld gemaak het nie. Op Oudtshoorn het dit 25 mm gereën en by De Rust 25-30 mm, dog anderkant De Rust net 15-18 mm. Meer as 50 mm het in die opvangsgeb­ied van Oudtshoorn se opgaardamm­e geval en dié damme is nou 70-80% vol.

Potgieter sê die boere voer hul volstruise ten duurste, veral omdat lusernprod­uksie in die Olifantsri­viervallei omtrent tot stilstand gekom het. “Daar is net enkele plekke aan die takriviere waar die boere miskien nog ’n bietjie lusern kan sny. Ons moet nou genoeg reën kry dat die water kan loop om ’n verskil te maak.”

GROOT VERKNORSIN­G

Potgieter sê van die volstruisb­oere wat hul plase se registrasi­e laat intrek het, het nie ander boerderyve­rtakkings nie.

“Dis regtig ’n probleem. As jy met bankampten­are gesels, besef jy hier is ’n groot verknorsin­g aan die kom. Hier is letterlik ouens wat soggens by hul huise uitstap en niks het om te doen nie. Hulle het dalk twee of drie werkers wat takke afmaak of hout maak om te verkoop of heinings regmaak, maar daar is nie ’n inkomste nie. Dit gaan later knetter om werkers te behou.”

Hy sê daar is boere wat nou hoop daar kom binne die volgende maand baie reën sodat hulle die lusern wat die afgelope paar maande op bietjies-bietjies reën oorleef het, vinnig kan natmaak om te sny en te verkoop.

Die jongste uitbreking van voëlgriep vererger die situasie. “Waar jy nou met volstruise kon geld maak, word jou plaas dalk onder kwarantyn geplaas en skielik moet jy voëls wat jy op die beste tyd sou slag, vir twee maande voer. Dit veroorsaak dat jy geld verloor en dit het ’n paar ouens oor die kant gestoot.”

Die toetse vir voëlgriep het ook broeivoëls se reproduksi­evermoë geknou. “Jy wil nie in die produksiet­yd aan broeivoëls karring nie. Die droogte en voëlgriep klap ons van alle kante.”

‘Hier is letterlik ouens wat soggens by hul huise uitstap en niks het om te doen nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa