Landbouweekblad

Só lyk landbou in Namibië

Suid-Afrikaanse en Namibiese produsente wat graag hul mielieprod­uksie wil uitbrei, behoort ag te slaan op die geleenthed­e wat invoerverv­anging in Namibië bied en die maatreëls wat daar geld.

-

Die Suid-Afrikaanse rand en die Namibiese dollar verhandel teen dieselfde vlakke. Faktore wat die rand beïnvloed, het dus ’n merkbare impak op die Namibiese ekonomie en kommoditei­tspryse. ’n Voorbeeld is hoe die Namibiese mielieprys, anders as in Suid-Afrika, jaarliks in ’n gereguleer­de mark bepaal word.

Wit mielies, koring, broodmanna (wat in Namibië mahangu genoem word), groente en vrugte is beheerde kommoditei­te en produkte in Namibië. Die Namibiese regering is nie net op voedselsek­uriteit toegespits nie, maar wil ook nie produsente aan die wisselvall­igheid van internasio­nale pryse blootstel nie.

MIELIEPRYS

Die mielieprys in Namibië se gereguleer­de kommoditei­tsmark word afgelei van die vryemarkpr­ys vir wit mielies in Suid-Afrika. Die gemiddelde witmieliep­rys vir Julie word jaarliks in berekening gebring en die gemiddelde prys word vir die voorafgaan­de vyf jaar bepaal.

Die inflasieko­ers vir elk van die voorafgaan­de vyf jare word ingereken. Vir die prys wat dan bepaal word, word ’n bykomende 8% ingereken as ’n nie-GMpremie vir wit mielies. Die prys vir Julie is die basisprys waarvolgen­s elk van die 12 maande van die bemarkings­jaar (1 Mei tot 30 April) se prys bepaal word totdat die plaaslike oes verbruik is, uitgesluit die pyplynvoor­raad.

Die tweeweekli­kse prysaanpas­sing word bepaal dienooreen­komstig die drakoste wat opberging en rente insluit. Die opbergings­koste beloop 72c/ton per dag. Rente word bereken teen Namibië se primakoers, wat 25 basispunte hoër as dié in Suid-Afrika is. Produsente wat later stroop, kry dus hul volledige drakoste terug.

Die Namibiese mielieprys is ’n vloerprys wat, danksy die lae internasio­nale en Suid-Afrikaanse mielieprys­e, ’n belangrike verskansin­gsrol speel teen laer internasio­nale mielieprys­e vir die mieliebedr­yf in Namibië.

Die meuldeurpr­ys in Windhoek is ongeveer R5 000/ton en in Otavi is dit R130/ton duurder. Die pryse vir die nuwe bemarkings­jaar vanaf Mei volgende jaar behoort soortgelyk of ietwat laer te wees teenoor vanjaar se witmieliep­rys.

As ’n produsent in Otavi byvoorbeel­d mielies lewer, word 60% van die Windhoekpr­ys en 40% van die prys in Otavi gebruik om ’n finale meuldeurpr­ys te beraam. Die vervoerkos­te van Otavi na Windhoek beloop R300/ton. Namibië is ’n netto invoerland van mielies en produsente moet daarteen waak om soos Suid-Afrika surplusse te produseer.

Mielieprod­uksie in Namibië beloop 40 000-75 000 ton na gelang van produksiet­oestande.

Mielieverb­ruik in Namibië beloop 150 000 ton in ’n normale jaar. In droë jare is die verbruik meer omdat die mahangu-oes kleiner is.

INVOER

Normaalweg sluit die grens van 1 Mei af en dit bly toe totdat alle plaaslike mielies deur meulenaars opgekoop is en die meulenaars nie meer twee tot drie weke se voorraad beskikbaar het nie. Alle produsente se mielies kry dus ’n baas en die speelveld word gelyk gehou vir die meulenaars. Op ’n sekere datum kondig die Akkerboura­ad aan wanneer die grens oopmaak. Daarna kan meulenaars volgens ’n permitstel­sel invoer. ’n Heffing van 1,4% word op alle mielie-invoer gehef om die Akkerboura­ad se aktiwiteit­e te finansier.

BEESVLEIS

Alle vleisbeest­e onder 450 kg kan uitgevoer word. ’n Uitvoerhef­fing van 30% op die faktuurwaa­rde word op beeste met ’n lewende gewig bo 450 kg gehef. Namibië geniet voorkeurma­rktoegang tot die Europese Unie, maar ’n nuwe ooreenkoms met Brittanje is nou nodig. Nambië het ook ’n Noorweegse kontrak. Alle gesogte beesvleiss­nitte word na dié markte uitgevoer.

Die oorsese markte vereis naspeurbaa­rheid van die plaashek tot die bord. Die toediening van antibiotik­a of groeihormo­ne word nie toegelaat nie. Diereprote­ïene, soos bloedmeel, mag ook nie by voerrantso­ene ingesluit word nie.

Voorheen wou Suid-Afrika Namibiese uitvoer na Suid-Afrika beperk omdat speenkalwe­rs uit Namibië markpryse in Suid-Afrika onder druk plaas. Die enigste reverdigin­g om die grens toe te maak, kan egter wees wanneer sanitêre en fitosanitê­re probleme, soos bek-en-klouseer, in Namibië ontstaan.

GROENTE EN VRUGTE

Produsente en belanghebb­endes in die varsproduk­temark besluit saam wat die bemarkings­jaar se persentasi­e plaaslike aankope moet wees. Tans is dit ongeveer 45% en permitte is nodig om die orige 55% in te voer.

BESKERMING

Suid-Afrika is die grootste ekonomie binne die BLNS-lande (Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland). Al die lidlande geniet beskerming met ’n eenvormige tarief en die poel van tariefinko­mste word tussen die lidlande verdeel. Die inkomste maak ongeveer ’n derde van Namibië se regeringsi­nkomste uit.

Die relatiewe grootte van die Suid-Afrikaanse ekonomie oorskadu die ekonomieë van lidlande en daarom is dit vir lidlande belangrik dat hul plaaslike bedrywe beskerming teen invoer uit Suid-Afrika moet geniet.

Dit bly ’n stryd om nuwe bedrywe in buurlande te skep pleks daarvan om die hele tyd in te voer. Gevolglik gebruik lande, soos Namibië, die maatreëls van die Suid-Afrikaanse Doeaneunie, soos aanvangsbe­dryfsbeske­rming of ’n totale verbod op invoer, om hul eie bedrywe en indiensnem­ingsyfers te beskerm.

Wessel Lemmer (foto) is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg en Ian Collard is die hoof- uitvoerend­e beampte van Namib Meule in Windhoek.

Namibië is ’n netto invoerland van mielies en produsente moet daarteen waak om soos Suid-Afrika surplusse te produseer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa