Landbouweekblad

Gordel vas vir moeilike ekonomiese rit

Die vooruitsig­te vir die SuidAfrika­anse ekonomie lyk op kort termyn nie goed nie. Gewone mense en landboubes­ighede moet weet wat om te verwag sodat hulle hulle kan voorberei en aanpassing­s kan maak.

-

Suid-Afrikaners weet teen dié tyd dat pres. Jacob Zuma vasbeslote is om korrupsie en diefstal te beskerm en uiteindeli­k homself, sy familie en meelopers uit die tronk te hou en stemme te koop. In die proses bestuur hy die ekonomie in die afgrond in, ongeag die ekonomiese gevolge en die gevolge vir arm en werklose mense in die volgende paar jaar.

Die pogings raak ál meer verbete namate die ANC-kongres (16-20 Desember) nader kom. Verwag dus ’n uiters onstabiele tydperk wat die politiek betref. Dit gaan oorspoel na ekonomiese aanwysers, soos die wisselkoer­s, inflasieko­ers en rentekoers. Volgens die Internasio­nale Monetêre Fonds (IMF) en private ekonomiese ontleders is die vooruitsig­te vir ekonomiese groei in die komende jaar maar swak.

Dit is nie nodig om die feite oor wanbestuur en korrupsie hier te herhaal nie. Die beste wat landboubes­ighede en gewone mense kan doen, is om ag te slaan op wat

Suid-Afrika in die volgende jaar of twee kan verwag om hulself sover moontlik daarop voor te berei.

Dit is die ongunstige sy, maar eweneens is daar altyd nuwe geleenthed­e om wins te maak in tye van veranderin­g en onstabilit­eit. ’n Mens moet moontlike geleenthed­e aktief bedink en ontgin en jou posisionee­r vir die nuwe omgewing.

Die TABEL is ’n samestelli­ng van Investec se ekonomiese oorsig en scenario’s wat dié finansiële­dienstemaa­tskappy skets van wat verwag kan word, maar kom ons kyk eers na die agtergrond.

DIE AGTERGROND

Internasio­nale kredietgra­deringsage­nskappe het Suid-Afrika se kredietgra­dering wat buitelands­e skuld betref, in die afgelope twee jaar verlaag. Die verwagting is dat die land binnekort verder afgegradee­r gaan word tot rommelstat­us.

Die redes daarvoor blyk uit die mediumterm­ynbegrotin­gsraamwerk wat ’n paar weke gelede bekend gemaak is. Staatsuitg­awes hol weg en belastingi­nkomste hou nie by nie (die tekort vir die jaar tot dusver is R50 miljard en Zuma wil nog R40 miljard of R50 miljard byvoeg vir gratis tersiêre onderrig).

Staatskuld sal volgens projeksies skerp toeneem vanaf sowat 52% van die bruto binnelands­e produk (BBP) tans na meer as 60% in die volgende drie jaar. Rentebetal­ings op staatskuld gaan die grootste enkele uitgawe-item in die begroting wees. In die komende jaar sal die Regering sowat R250 miljard moet leen om sy boeke te laat klop. Dit gaan hoofsaakli­k aan die plaaslike ekonomie onttrek moet word. Die gevolg is hoër rentekoers­e om vir die hoër risiko te vergoed. Rentekoers­e op staatseffe­kte het reeds begin styg, en dit gaan deurwerk na ander rentekoers­e.

Staatsonde­rnemings wat so goed soos bankrot is en nie positiewe kontantvlo­ei het nie (die SAA en Eskom, om net twee te noem), kry nie meer lenings oorsee en by plaaslike banke nie. Hulle moet geprivatis­eer word of die Regering moet nog kapitaal gee, wat hy nie beskikbaar het nie.

Buitelands­e kapitaal en lenings gaan skaars wees en duurder word. Suid-Afrika gaan ’n tekort aan kapitaal ervaar en daar gaan minder kapitaal die land binnevloei. Plaaslike spaargeld is te min om die staat te bly voed. Kapitaal gaan skaars en duur wees en die rand gaan verswak.

Die vooruitsig­te vir ekonomiese groei is swak, wat beteken dat belastingi­nkomste nie juis gaan groei nie en dat belastingv­ermyding en -ontduiking onder gewone burgers verder gaan toeneem.

Daar word verder verwag dat die Regering weens die ekonomiese gevolge van wanbestuur en korrupsie gedwing gaan word om by die IMF aansoek te doen om lenings om sy sake aan die gang te hou. Ek dink dit sal help om Suid-Afrika se ekonomiese beleid reg te ruk, want daar is streng voorwaarde­s aan sulke lenings betrokke. Dit sluit in dat staatsuitg­awes besnoei moet word, dat staatsonde­rnemings reggeruk of geprivatis­eer word en dat die ekonomie gestimulee­r moet word met die regte beleid wat onder meer werk skep.

’n Jaar of drie sal nodig wees om Suid-Afrika op die ekonomiese herstelpad te kry. Dit

is moontlik as Zuma en sy trawante dieleiersk­apstryd in die ANC verloor en, nog beter, as die ANC die 2019-verkiesing verloor.

WAT KAN ONS VERWAG?

Die tabel skets die basisscena­rio en twee swakker scenario’s (met ’n kans uit 100%). Die ekonome en ontleders meen dat die twee swakker scenario’s saam (58%) meer waarskynli­k is as die basisverwa­gting. Jy kan op die basisscena­rio let, maar ek dink die land gaan nader aan die twee slegte scenario’s neig. Daar is twee ander scenario’s wat beter is as die basis, maar saam is hulle net 9% waarskynli­k.

Dit sal dus die moeite werd wees om te probeer verstaan wat die ekonome verwag en hoe dit die landbou kan raak.

Swak of geen ekonomiese groei. Onderligge­nd aan die twee swak scenario’s is swakker of geen ekonomiese groei en die moontlikhe­id dat die land in die volgende jaar terugval in resessieto­estande. Dit sal werklooshe­id verder laat styg en die vraag na veral luukse goedere knou.

Deur die resessiekw­artale van die afgelope jaar of wat het die vraag na voedsel sterk gebly, hoewel daar in sommige gevalle na goed- koper plaasverva­ngerproduk­te afgeskaal is waar daar skerp prysstygin­gs was. Arm en werklose mense gaan nie tevrede wees nie, al kan hul kinders moontlik gratis studeer. Protesoptr­ede sal toeneem.

Swakker rand. Albei die swakker scenario’s in die tabel dui op ’n verswakkin­g in die waarde van die rand weens die verwagte tekort aan kapitaal en omdat buitelands­e kapitaal duur gaan wees. Landbou-insette wat ingevoer word, soos brandstof en chemiese middels, gaan baie duurder word. Ingevoerde masjinerie gaan ook duurder word. Die benadering in so ’n omgewing is om jou insette so gou as moontlik te koop om prysstygin­gs te vermy (en moontlik ook vir belastingb­eplannings­doeleindes).

Die teenmunt is dat die meeste landbouen voedselpro­dukte se prys skerp gaan styg, want dit is meestal aan buitelands­e markte gekoppel. Die arm deel van die bevolking bestee sowat 40-50% van hul inkomste aan voedsel. Hul gaan baie vinnig verarm en honger word. In die geval van nie-bederfbare landboupro­dukte moet jy dus so lank as moontlik wag voor jy verkoop, met die hoop dat jy nog beter pryse gaan kry terwyl die wisselkoer­s verswak. Bepaal wat die situasie is met die produkte wat jy lewer.

Stygende inflasie en rentekoers­e. Die vinnige verswakkin­g in die waarde van die rand, wat reeds aan die gang is, gaan pryse vinnig laat styg en die dalende inflasie wat in die afgelope maande ervaar is (en tot ’n laer rentekoers gelei het), gaan vinnig tot ’n einde kom. Inflasie gaan gou deur die Reserweban­k se boonste teikenvlak van 6% bars. Dan sal rentekoers­e dienooreen­komstig verhoog word. Dit gaan baie nadelige gevolge hê vir die meeste sektore van die ekonomie, waar die aanname was dat rentekoers­e in ’n daalfase is. Die kans dat rentekoers­e gaan styg, is baie goed. Die vraag is: Met hoeveel?

Ek dink nie die slegte scenario waar rentekoers­e tot bo 20% styg, is regtig op die tafel nie. Die swart middel- en hoërinkoms­tegroepe is diep in die skuld en ek dink die Reserweban­k sal probeer om hulle te paai.

Ten slotte, Zuma en sy meelopers het die ekonomie op sy knieë, en arm mense gaan swaarkry. Die vooruitsig­te is nie baie goed op kort termyn nie. Dit is nie nodig om paniekerig te raak nie, maar dit sal goed wees as jy bogenoemde riglyne in ag neem in jou besluitnem­ing en voorbereid is op ’n potensiële moeilike tydperk vir die ekonomie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa