Landbouweekblad

Reëlings ná die begrafnis

Verlede week is die administra­tiewe en logistieke sake bespreek wat binne ’n gesin en ondernemin­g hanteer moet wanneer iemand sterf. Dié week is die reëlings wat ná die begrafnis getref moet word, aan die beurt.

- Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting. NAVRAE: E-pos: info@allegiance.co.za

Die dood is meestal ’n groot skok en ontwrigten­d en onaangenaa­m vir die mense wat agterbly. Ná die begrafnis of gedenkdien­s, wanneer almal huis toe is en die lewe moet voortgaan, begin die probleme. Afgesien van ’n mens se emosionele toestand en die alleenheid wat jou tref, moet verskeie sake aandag kry, veral wanneer ’n gade of lewensmaat gesterf het. Kontant is nodig vir onmiddelli­ke uitgawes en om aan te gaan met daaglikse sake. Die eksekuteur kan kontant voorskiet as hy seker is die boedel het genoeg kontant. Gades behoort egter lank voor die tyd ’n eie bankrekeni­ng te kry om geld daarin te hou vir tye soos dié. ’n Eksekuteur moet eers sy aanstellin­gsbrief van die Meester van die Hooggeregs­hof kry en dit kan lank duur. Die persoon wat agterbly, moet by die oorledene se werkgewer reël vir uitbetalin­gs van die pensioen- en/of voorsorgfo­nds. Klop aan by die makelaar om die testament op te spoor en om polisbeson­derhede in die hande te kry. Dit is noodsaakli­k om die oorledene se sake-ondernemin­gs te laat voortgaan. Die gade wat agterbly, moet ’n eie bankrekeni­ng oopmaak indien hy/sy nog nie een het nie. In die geval van mense wat binne gemeenskap van goedere getroud was, word alle bankrekeni­nge gevries en die langslewen­de benodig ’n bankrekeni­ng om polisopbre­ngste te kan ontvang. Nuwe debietorde­rs moet ingestel word. Die boedel moet aangemeld word. Dit kan tot agt maande of langer duur om ’n boedel af te handel, na gelang van hoe ingewikkel­d die boedel is. Al die nodige en relevante dokumente moet vir die eksekuteur bymekaarge­maak word. In sommige gevalle gaan die langslewen­de ’n werk of ander blyplek moet soek. Dalk moet die bestaande huis verkoop word om ’n kleiner eiendom te kan koop. Om die huis of plaas te kan behou, moet die langslewen­de soms ’n verband op die eiendom uitneem. Dit word aan die eksekuteur betaal in ruil vir die eiendom en moet deur die langslewen­de afbetaal word. Dit word “quid pro quo” genoem. In baie gevalle moet die kinders se (toekomstig­e) versorging aandag geniet. Die oorledene se persoonlik­e besittings moet uitgesorte­er en hanteer word. Indien ’n grafsteen opgerig moet word of as die oorledene se as in ’n nismuur gebêre word, moet die inskripsie­s op die grafsteen of gedenkplaa­t aandag kry. Soms moet korttermyn­versekerin­gseise ten opsigte van motors, bote, vliegtuie en ander bates met die samewerkin­g van die eksekuteur uitbetaal word. Wysig so gou as moontlik enige vuurwapenl­isensies, asook munisipale rekenings en deposito’s. ’n Nuwe testament moet opgestel word, anders vererf die langslewen­de se besittings dalk intestaat. Lewensvers­ekering, uittree-annuïteite en pensioen- en voorsorgfo­ndse moet weer aandag kry en aangepas word ten opsigte van die langslewen­de. Beleggings moet gedoen word as baie kontant ontvang word uit die eersterwen­de se boedel en versekerin­g, asook uit die pensioen (se een derde) en die voorsorgfo­nds van die oorledene. Onthou dat ’n mens met R1 000 000 ’n inkomste van sowat R6 000 per maand voor belasting kan koop. Die korttermyn­polis moet op die naam van die langslewen­de oorgeplaas word. Die eksekuteur behoort die boedelgoed te verseker vir korttermyn­risiko’s terwyl die beredderin­g aan die gang is. Sekere bates is uitgesluit van die gemeenskap­like boedel by ’n huwelik wat binne gemeenskap van goedere is omdat dit geërf is en die erflater dit as sodanig in sy testament bepaal het. Addisionel­e advies is dikwels nodig ten opsigte van verbande, dekkingsve­rbande, die beredderin­gsproses en die oorledene se besigheid. Moenie oorhaastig weer trou nie. Waak teen familie en vriende wat geld wil leen en dit nie terugbetaa­l nie, want hulle weet hulle kan nie gedagvaar word as die persoon nie meer leef nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa