Landbouweekblad

WINDLANING VIR GROENTE

- JOHAN VAN DER MERWE

’n Boer van Bothaville het ’n slim plan beraam om rog as ’n windlaning vir sy wortels te plant.

Windskade by wortels in die vroeë groeistadi­um is vir mnre. Toks Liebenberg van die groente verskaffer Greenpak en Attie Grobler, plaasbestu­urder van Fraaiuitsi­g, wat deel is van Greenpak, ’n groot probleem.

Om windskade te beperk, het hulle deurlaatba­re plastiekne­tte begin installeer net ná planttyd en ná sowat drie weke, wanneer die wortels minstens op ’n drieblaars­tadium is, verwyder. Die net laat genoeg water en sonlig deur om gesonde groei in die vroeë groeistadi­um te verseker.

Dit is egter ’n duur en arbeidsint­ensiewe praktyk. Daarom beproef Toks en Attie nou rog as ’n tussengewa­s, wat ook as ’n windlaning kan dien.

Toks het vier fyn saadplant bakkies opsy A gr i c o la-groentesaa­d planter aangebring. Hy plant daarmee vier rye rog tussen sy nege rye wortelsaad. Die idee is dat die rog vinniger as die wortels gaan ontkiem en groei en ’n doeltreffe­nde buffer teen windskade sal verseker.

Die proef lyk in hierdie stadium belowend, al sal geringe verstellin­gs gemaak moet word om die rog oor al vier rye ewerediger te kry.

Vanjaar was die eerste jaar dat hulle hierdie plan beproef het. Toks meen die resultate lyk belowend genoeg dat hy verdere proewe sal doen.

Een van die geheime is klaarblykl­ik om die dieptebehe­er van die rog perfek te kry sodat dit vinnig ontkiem en opkom om ’n doeltreffe­nde windbuffer te verseker.

’n Bykomende voordeel is die lewende wortels in die grond, asook die organiese materiaal wat op die grond gelaat word.

Tans beproef Toks ook nog die ideale tyd om die rog met ’n grasdoder dood te spuit. “Sodra die bogrondse spasie van die wortels deur die rog belemmer word of daar oorskaduwi­ng plaasvind, sal ons die rog doodspuit, maar die perfekte tydsbereke­ning moet ons nog vasstel.” –

 ??  ?? BO: Die net word met ’n trekker en ’n werktuig soos dié waarmee plastiek-grondbedek­king gelê word, bo-oor die wortels aangebring ’n dag of drie nadat dit gesaai is.
BO: Die net word met ’n trekker en ’n werktuig soos dié waarmee plastiek-grondbedek­king gelê word, bo-oor die wortels aangebring ’n dag of drie nadat dit gesaai is.
 ??  ?? ONDER: Toks en Attie gebruik deurlaatba­re plastiekne­t om hul wortels in die vroeë groeistadi­um teen wind te beskerm.
ONDER: Toks en Attie gebruik deurlaatba­re plastiekne­t om hul wortels in die vroeë groeistadi­um teen wind te beskerm.
 ??  ?? Toks verstel nog die planter om seker te maak dat al drie rye rog ewe diep geplant word en dus ewe dig staan, maar die resultaat is reeds rede tot opgewonden­heid. Die rog groei aansienlik vinniger as die wortels, en bied dus goeie beskutting teen die...
Toks verstel nog die planter om seker te maak dat al drie rye rog ewe diep geplant word en dus ewe dig staan, maar die resultaat is reeds rede tot opgewonden­heid. Die rog groei aansienlik vinniger as die wortels, en bied dus goeie beskutting teen die...
 ??  ?? Toks het vier fynsaad-plantbakki­es aan sy Agricola-groentesaa­dplanter aangebring om vier rye rog aan die kante van die drie rye wortels (wat elkeen uit drie individuel­e rytjies bestaan) te plant.
Toks het vier fynsaad-plantbakki­es aan sy Agricola-groentesaa­dplanter aangebring om vier rye rog aan die kante van die drie rye wortels (wat elkeen uit drie individuel­e rytjies bestaan) te plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa