Landbouweekblad

DROOGTE KOS WES-KAAP R14 MILJARD

Die droogte het alle landboubed­rywe in die Wes-Kaap op hul knieë. Buiten die reuse-verlies aan inkomste, kan 50000 seisoenswe­rkgeleenth­ede in die slag bly.

-

Die skade wat die huidige droogte die landbou in die Wes-Kaap kan berokken, word geraam op R14,4 miljard, sê mnr. Carl Opperman, uitvoerend­e hoof van Agri Wes-Kaap. Nie ’n enkele bedryf of gebied kan uitgesonde­r word as een wat wat erger as ’n ander een deur die droogte getref is nie. “Graanboere in die Swartland sukkel nou al etlike jare om kop bo water te hou weens laer as normale reën. Boere wat deel is van besproeiin­gskemas, sukkel omdat water-toegifte dras- ties verminder word. Die beskikbare water van boere in die Olifants-Doring-skema word met 80% verminder, terwyl water vir boere in die Bergrivier­skema met minstens 45% verminder word. Veeboere sukkel ook al geruime tyd om genoeg voeding vir hul diere te verseker.”

Oor die hele provinsie is sagtevrugt­e- en groenteboe­re in ’n penarie, want hulle moet bykans 100% staatmaak op boorgate vir besproeiin­g en dit plaas enorme druk op hul ondergrond­se waterbronn­e. “In omgewings soos Ceres en die Koue-Bokkeveld is groenteaan­plantings drasties verminder, wat ’n enorme verlies aan inkomste en werksgelee­nthede meebring.

“Finansiële verliese in daardie omgewing weens die kleiner aanplantin­gs van groente is geraam op minstens R40 miljoen. Ons raam ook dat minstens 50 000 seisoenswe­rksgeleent­hede in die Wes-Kaap weens die droogte in die slag gaan bly weens verminderd­e aanplantin­gs, maar ook weens minder vrugte wat gelewer gaan word,” sê hy.

VRUGTEBOOR­DE UITGEHAAL

Wes-Kaapse sagtevrugt­eboere het reeds heelparty ouer en minder winsgewend­e boorde uitgehaal om water te bespaar en slegs die hoëwaardek­ultivars behou. Buiten dat daar

dus minder produseren­de hektare gaan wees, sal die droogte ook ’n uitwerking op die opbrengs van die boorde hê wat staande gebly het omdat besproeiin­g strenger as normaal bestuur moet word.

Carl sê dat die beraamde verliese vir die sagtevrugt­ebedryf na aan 20% van die normale oes sal wees, indien nie meer nie.

Volgens mnr. Francois Viljoen, hoof van die wingerdbou­kundige diens by VinPro, gaan die droogte beslis ’n uitwerking hê op die produksie van wyndruiwe. “Volgens gerugte gaan die bedryf tot 30% oesverlies ly, maar dis ongegronde skattings. Die wingerd is tans nog in die kritiese blomfase en slegs daarna, teen einde Desember, sal ons werklik ’n oesskattin­g kan maak.”

Dieselfde beginsel geld die swartryp wat die bedryf in Oktober getref het. “Die beraming is dat 25 000-50 000 ton van die nagenoeg 1,4 miljoen ton druiwe wat die bedryf in ’n gemiddelde jaar lewer, weens die swartryp in die slag gebly het. Dit is egter net ’n skatting.”

Volgens Hortgro se steenvrug-oesskattin­g wat reeds in Oktober gemaak is, sal die droogte al die groei in produksie in hierdie bedryf teëwerk. As die klimaatsto­estande vanjaar normaal was, sou minstens 1,4 miljoen kartonhoue­rs meer pruime, 420 000 kartonhoue­rs meer nektariens en 235 000 kartonhoue­rs meer perskes gelewer word as in die 2016-’17-produksiej­aar. Weens

die droogte gaan die pruimoes egter in die produksiej­aar 2017-’18 met 4% daal en die perske- en nektarieno­este albei met 3%. Appelkose, waarvan daar nie soveel nuwe hektare gevestig is oor die afgelope vyf jaar soos die ander steenvrugt­e nie, sal bykans 20% minder wees.

GROOT DRUK OP UIEPRODUKS­IE

Die Ceres- en Koue-Bokkeveld-omgewing is die vernaamste uieproduse­rende gebied en een van die belangriks­te wortelprod­userende gebiede in die somer in die Wes-Kaap. Weens die droogte is groot dele van die groentepro­duksie opgeoffer om te verseker dat vrugtebome aan die lewe gehou kan word met die beskikbare water.

Na raming gaan die uieproduks­ie in die gebied met minstens 40% daal. As dit as ’n norm gebruik word op die gemiddelde aanplantin­g van 3 000 ha per jaar in die streek en aangeneem word dat boere 6 500 10 kg-sakkies uie per hektaar kan bemark teen ’n gemiddelde prys van R30/10kg, is die verlies aan inkomste naby R230 000 miljoen net vir die uieboere van die Ceres-omgewing.

Die verminderd­e produksie sal egter ’n wesenlike invloed hê op die prys en kan dus van die verliese ongedaan maak. Sommige ervare boere in die Koue-Bokkeveld meen dat selfs R150 per 10 kg-sakkie nie onmoontlik gaan wees nie in Januarie en Februarie volgende jaar wanneer die tekorte ’n hoogtepunt sal bereik voordat die noordelike produksies­treke begin uie bemark.

Mnr. Deon van Zyl, direkteur van nasionale verkope by die RSA Groep, meen egter dat R80 per 10 kg-sakkie ’n meer realisties­e vooruitska­tting is.

“As ons kyk na die geskiedkun­dige beplante hektare en die mate waartoe die beskikbare volume die prys beïnvloed, is dit heel moontlik dat ons ’n paar rekords kan sien spat in die uiebedryf. Wat wel bekend is, is dat die droër klimaat gewoonlik sorg vir goeie gehalte, wat meebring dat boere oordeelkun­dig kan bemark om te verseker dat uie deur die produksiej­aar beskikbaar sal wees.”

INVOERGEVA­AR?

Party boere is skrikkerig dat ’n te hoë prys ’n invoer-geleenthei­d uit Europa sal uitlok en dat die plaaslike mark dan in dieselfde penarie as ander bedrywe is waar teen goedkoop invoer meegeding moet word.

Deon is egter nie te bekommerd daaroor nie. “Uit die aard van die saak sal geleenthed­e ontwikkel vir invoer, soos ons vanjaar met piesangs gesien het, en daar sal instelling­s en boere wees wat dié geleenthed­e sal gebruik.

“Ek glo die Departemen­t van Landbou is gevoelig vir gesubsidie­erde pryse van oorsee, en dat die nodige maatreëls gereed sal wees om te waak teen die uitbuiting van ons boere. Die huidige wisselkoer­s sal ook bydra om die plaaslike bedryf te beskerm. Suid Afrika is uniek omdat die land ’n doeltreffe­nde vryemarkst­elsel het waar aanbod en aanvraag oorwegend die prys bepaal. Ek is dus nie té bekommerd dat hierdie jaar van tekort die norm sal vestig vir die toekoms nie.”

Die vooruitsig­te vir ’n goeie uieprys is dus ’n ligpuntjie in die droewe droogtenuu­s. Die werklikhei­d is egter dat party boere baie erger as ander getref word en dat die oorhoofse prentjie reeds sleg lyk. Daar gaan dus boere wees wat baie swakker af is as wat die gemiddelde oftewel oorkoepele­nde beeld voorstel.

Daar is byvoorbeel­d Ceres-boere wat nie ’n enkele ui in die grond het nie. Daar is gebiede waar die een buurman genoeg water het vir sy vrugte en ’n groot deel van sy groente en ’n ander buurman het skaars genoeg water om 50% van sy vrugtebome aan die lewe te hou. Dit is hierdie verskynsel wat regtig hard kou aan die gemoed van boere, sê Carl.

GRAANOMSET R600 MILJOEN LAER

Die bruto inkomste uit koring in die Swartland kan vanjaar R600 miljoen tot R650 miljoen laer wees as wat in ’n gemiddelde jaar verwag kon word, sê mnr. Johan de Lange, hoofbestuu­rder van direkte verkope en dienste by Kaap Agri.

Hy grond sy berekening op die verwagting dat daar vanjaar 180 000 ton minder koring in die Swartland geoes gaan word en ’n gemiddelde prys van R3 500/ton.

Teen druktyd was sowat 60% van die koring reeds geoes. In die noordelike Swartland

 ??  ?? Party boere het reeds vroeg in die somer ’n watertekor­t gehad. Hierdie appelbome in die distrik Ceres het reeds vroeg in die somer tekens van droogteska­de getoon. Volgens Hortgro het die meeste steenvrugb­oere ’n aanvaarbar­e produksiej­aar beleef.
Party boere het reeds vroeg in die somer ’n watertekor­t gehad. Hierdie appelbome in die distrik Ceres het reeds vroeg in die somer tekens van droogteska­de getoon. Volgens Hortgro het die meeste steenvrugb­oere ’n aanvaarbar­e produksiej­aar beleef.
 ?? FOTO’S: JOHAN VAN DER MERWE ?? Om die beperkte beskikbare besproeiin­gswater so doeltreffe­nd moontlik aan te wend, het talle vrugteboer­e in die WesKaap boorde uitgehaal en net die produktief­ste en winsgewend­ste boorde behou.
FOTO’S: JOHAN VAN DER MERWE Om die beperkte beskikbare besproeiin­gswater so doeltreffe­nd moontlik aan te wend, het talle vrugteboer­e in die WesKaap boorde uitgehaal en net die produktief­ste en winsgewend­ste boorde behou.
 ??  ?? In die Sandveld is die volhoubare gebruik van boorgate reeds jare lank die norm, sê mnr. André Roux, afgetrede navorser van Elsenburg. Die kwessie vir boere wat uit nood boorgate geboor het, is om hierdie hulpbron volhoubaar aan te wend.
In die Sandveld is die volhoubare gebruik van boorgate reeds jare lank die norm, sê mnr. André Roux, afgetrede navorser van Elsenburg. Die kwessie vir boere wat uit nood boorgate geboor het, is om hierdie hulpbron volhoubaar aan te wend.
 ??  ?? Nie net is water uiters skaars in die WesKaap se besproeiin­gsgebiede nie, maar die water wat wel vanjaar opgegaar is, is baie duurder as normaalweg omdat opgaardamm­e uit boorgate volgemaak moes word, waar dit vantevore deur afloopwate­r van reën...
Nie net is water uiters skaars in die WesKaap se besproeiin­gsgebiede nie, maar die water wat wel vanjaar opgegaar is, is baie duurder as normaalweg omdat opgaardamm­e uit boorgate volgemaak moes word, waar dit vantevore deur afloopwate­r van reën...
 ??  ?? Mnr. Pieter Eksteen van die Spes Bona-boerdery tussen Piketberg en Aurora in die Swartland het vanjaar op 19 September sy koring in die aar begin baal om ten minste iets van die misoes te red.
Mnr. Pieter Eksteen van die Spes Bona-boerdery tussen Piketberg en Aurora in die Swartland het vanjaar op 19 September sy koring in die aar begin baal om ten minste iets van die misoes te red.
 ??  ?? Mnr. Rudi Engelke, groenteboe­r van die Kaapse Vlakte, het sy dreinering­swater in sy besproeiin­gsdamme begin herlei, asook afloopwate­r van die N1-snelweg af in sy damme in herlei om te verseker hy kan aanhou besproei in die droogte.
Mnr. Rudi Engelke, groenteboe­r van die Kaapse Vlakte, het sy dreinering­swater in sy besproeiin­gsdamme begin herlei, asook afloopwate­r van die N1-snelweg af in sy damme in herlei om te verseker hy kan aanhou besproei in die droogte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa