Landbouweekblad

Amandelbed­ryf kom in rat in Wes-Kaap

Sedert mnr. Rino Brochetto in die 1970’s amandels op die afgeleë Klein-Karoo-plaas Addersfont­ein begin vestig het, was dit ’n stywe leerkurwe om agter die kap van die byl te kom oor amandelboe­rdery in Suid-Afrika. Nou, met die nodige kennis in pag, brei s

-

Die gesonde stand van sake in die wêreldwye amandelbed­ryf – vir boere én verbruiker­s – is wat mnr. Stephan le Roux (25) aanvuur om sy familie se amandelboe­rdery na ’n volgende vlak te neem. Amanteco is met 130 ha amandelbom­e en ’n produksie van gemiddeld 3,2 ton/ha, die grootste (en een van die oudste) amandelpro­dusente in die land, maar die boerdery lewer nie naastenby genoeg om die plaaslike vraag na amandels te versadig nie.

“Suid-Afrika voer sowat 3 000 ton amandels per jaar in. Dit beteken ons moet sowat 1 000 ha amandelbom­e vestig net om in die plaaslike vraag te voorsien,” sê Stephan

Die plaaslike vraag groei met 7% tot 9% per jaar. Dit word veral aangedryf deur die gesondheid­swaarde van amandels en groter koopkrag onder Suid-Afrikaanse verbruiker­s. Ook oorsee eet mense ook meer amandels. “Die oordragvla­kke neem elke jaar af, selfs al neem produksie toe,” sê hy.

Binne net ’n jaar sedert Stephan by sy pa, Hans, op die plaas aangesluit het, het pa en seun begin gesels oor moontlikhe­de om die boerdery uit te brei.

“Ons opbrengs is goed en die pryse bly ook goed,” vertel hy oor die gunstige omstandigh­ede wat dié oorwegings meegebring het. Die plaashekpr­ys vir amandels is in hierdie stadium sowat R85/kg.

WAARDEVOLL­E VENNOOTSKA­P

Toe ’n plaas tussen Robertson en Bonnievale – Major’s Drift – op die mark kom, het hulle dit gekoop met die plan om amandels en groente te verbou.

“Ons is egter nie groenteboe­re nie en ek het vir mnr. William-James Bussell, ’n familievri­end en groenteboe­r van Montagu, om raad genader. Hy’t so na my planne geluister en toe vra hy of ons ’n vennoot soek. Ons het dadelik besef dit gaan tot ons albei se voordeel wees om ’n maatskappy te stig om die boerdery op Major’s Drift te bedryf, want dan sal ons baie vinniger kan uitbrei. En dit was ook so, want binne twee maande het daar 20 ha amandelbom­e op die plaas gestaan en nou trek ons by 65 ha!”

Stephan is deel van ’n nuwe geslag boere wat opgewonde raak oor die idee van vennootska­ppe.

“Dit sal seker altyd uitdagend wees vir twee boere wat saam boer, maar ons is al

twee nog jonk en sien die waarde van samewerkin­g. Daar is nou vier paar oë wat op die plaas kom, want dis nie net ons twee nie, die groot base (hul pa’s) is ook daar.”

Nog ’n belangrike rede vir die saamboerde­ry is die stewige prys waarteen verwerking­sen sorterings­masjinerie vir die amandelbed­ryf kom. Hans het destyds bereken ’n mens kan dit eintlik eers regverdig wanneer jy op 500 ha met amandels boer.

“Die idee was aanvanklik om ons huidige gerief Robertson toe te skuif, maar intussen het ons besluit om ’n nuwe aanleg te skep. Ons glo daar is plek vir 1 000 ha amandels in die Wes-Kaap, daarom maak dit sin om nuwe tegnologie aan te skaf sodat ons ook ander boere se produkte kan sorteer en verwerk.”

Stephan moedig nou boere aan om sy voorbeeld te volg en amandels te vestig – veral in die streek tussen Worcester en Calitzdorp. Hy en William-James volg ’n Amerikaans­e model waarvolgen­s hulle kontrakte met boere sluit om amandels aan hulle te lewer vir verwerking en bemarking. Hulle verhuur ook oesmasjien­e aan boere wat nie aanvanklik kans sien om dit te koop nie.

Die tyd is ryp vir so ’n inisiatief, glo hulle.

“Toe my oupa en later my pa met amandels geboer het, was daar geen inligting oor die bedryf beskikbaar nie,” sê Stephan. “Hulle moes staatmaak op die Almond Production

Manual wat vir Kalifornië geskryf is, en dit terwyl ons omstandigh­ede heeltemal uniek is. Ons familie het oor die jare die produksiep­raktyke onder die knie gekry. Inligting en kundigheid is ook deesdae meer vrylik beskikbaar. Ons wil ander boere dus bystaan met tegniese kennis (veral oor plantmater­iaal), sodat hulle nie dieselfde foute hoef te maak wat ons reeds gemaak het nie.”

Die klem lê op volhoubaar­heid, sê Stephan.“Onswilnied­iewielvanv­oorafuitvi­nd nie, maar volg ’n model wat al 50 jaar lank suksesvol in Kalifornië werk.

“Amandels is ’n internasio­nale kommoditei­t, wat lekker is, want jy hoef nie nuwe markte daaraan te gaan bekend stel nie. Die pryse is ook deursigtig, want dit word gekoppel aan die internasio­nale amandelpry­s (wat in Kalifornië, wat 83% van die wêreldprod­uksie lewer, bepaal word).

“Ons gaan dus internasio­naal mededingen­de pryse vra vir die uitdop, verwerking en bemarking van die amandels.

‘Amandels het ’n lang internasio­nale geskiedeni­s. Dis nie soos Bitcoins, wat ’n nuwe, onbekende verskynsel, is nie.’

‘Ons sal baie spesifiek moet wees oor watter kultivars waar gaan aard.’

“Ons oogmerk is nie om die maatskappy te bou nie, maar eerder die boerdery. Ons wil dit net makliker maak vir boere, want niemand is ooit aan die boer se kant nie. Ons moet teen kleinhande­lpryse aankoop, maar teen groothande­lpryse verkoop.”

Samewerken­de boere het nou al sowat 35 ha amandels gevestig en projeksies toon dat sowat 120 ha binne die volgende jaar gaan volg – veral rondom Robertson en Worcester. Dit kos sowat R120 000 om ’n hektaar te vestig, wat dit van die goedkoper permanente gewasse maak. Die bome word nie opgelei nie en die algemeenst­e plantspasi­ëring is 6 m x 4 m, wat beteken minder bome is nodig.

Stephanhul­le sluit tienjaarko­ntrakte met dié boere, bloot om hul somme vir kapitaalui­tbreidings te laat klop. Dié inisiatief kom in ’n tyd dat talle wingerdboe­re in die omgewing hul heil by ander gewasse – soos sitrus en bloubessie­s – gaan soek.

“Amandels is eintlik die Aspoestert­jie van die steenvrugw­êreld. Boere skrik as hulle die masjinerie sien en hoor hoe baie water amandels nodig het (sowat 10 000 m³/ha teenoor wingerd wat 7 000 m³/ha vereis, maar die inkomste uit wingerd is net ’n derde van dié van amandels). Ek glo ons gaan ’n sneeubalef­fek sien. Sodra mense by hul bure sien dit werk, gaan hulle ook wil plant. Daar rus ’n baie groot verantwoor­delikheid op my skouers; ek kan nie net wegloop as dit nie werk nie.”

Hans, wat ook in die nuutgestig­te Amandelraa­d dien, stel dit egter so: “Amandels het ’n lang internasio­nale geskiedeni­s. Dis nie soos Bitcoins, wat ’n nuwe, onbekende verskynsel, is nie.”

Stephan reken boere van Worcester tot Calitzdorp sal amandels kan vestig.

“Amandels sal selfs aard in dele van die Boland, soos Wellington en die Paarl, hoewel daar unieke probleme gaan wees, soos reën in die blomtyd. By Calitzdorp sal ryp weer ’n probleem wees. Ons sal baie spesifiek moet wees oor watter kultivars waar gaan aard. Ons evalueer elke plaas se swak punte en vind maniere om dit te oorkom.”

Amandelbom­e pas nie aan in somerreëns­treke nie.

“Ek is baie opgewonde oor die kundiges waarmee ons die afgelope drie jaar in aanraking gekom het – van skedulerin­g vir water tot voedingspe­sialiste.”

Amandelbom­e blom vir sowat drie weke teen Augustus. Oestyd breek einde Januarie aan en duur sowat drie maande – hoewel Stephan meen nuwe kultivars se oestyd gaan korter wees.

FAMILIE MET ERVARING

Rino, Stephan se oupa aan moederskan­t, is ’n Italiaanse immigrant wat die plaas Addersfont­ein – sowat 60 km van Montagu agter die Oubergpas en langs die Sanbonanat­uurreserva­at – in die 1970’s gekoop het. Hy het met appelkose geboer, maar weens die afstand dorp toe en swak pryse het hy die vertakking tot niet gemaak.

In daardie tyd het SAD geprobeer om amandelboe­rdery in SuidAfrika te vestig, maar die plan het nie juis op dreef gekom nie. Rino se proefblok het egter gefloreer en hy het die boerdery stelselmat­ig vergroot. Die oudste bome op die plaas sou nou 30 jaar oud gewees het, maar dis al uitgehaal. Die huidige oudste blokke is 25 jaar oud.

Hans, ’n dokter wat al onder meer in Kanada, Rusland en Kirgistan gewerk het, het egter altyd daarvan gedroom om te boer en hy en sy vrou, Angela, het mettertyd Rino se visie verder geneem. Stephan se kop het eintlik bankwese toe gestaan.

“Tydens my lang studenteva­kansies moes ek op die plaas kom inval en van my tweede jaar af het ek agtergekom dis eintlik bleddie lekker om te boer. Ek is wel baie bly oor die B.Rekagtergr­ond, veral ouditkunde, want ek glo daarin om eerder vir mense ’n lys take te gee en dit na te gaan, as om hulle te verskree.

“Ek was besig met my Cimaeksame­ns (wat deur die geoktrooïe­erde instituut vir bestuursre­kenkundige­s voorgeskry­f word) en toe ek vir vlak drie moes inskryf, het ek besef ek moet besluit of ek wil plaas toe kom of ’n loopbaan as beleggings­bankier wil volg. My pa het die boerdery nooit aan my opgedwing nie, waarvoor ek dankbaar is, maar toe ek sê ek wil boer, het hy dadelik die boerderyve­rpligtinge begin oorgee. Kyk, ek moet steeds aan my pa verslag doen, maar ek het die vryheid om my eie besluite te neem.”

PROBLEME NIE ONOORKOMBA­AR

Stephan het van meet af aan na maniere gesoek om die boerdery te verfyn.

“Van ons kwessies was om die voedingspr­ogram reg te kry, die regte onderstamm­e te kry en produksie te verbeter. Almal sê altyd amandels dra alterneren­d, maar danksy ons voedingspr­ogram is ons besig om dié gedrag uit te skakel,” sê hy.

Aangesien die amandelbed­ryf tot op hede so klein was, was plantmater­iaal – veral vir onderstamm­e – ’n probleem. Amandels word op perskeonde­rstamme geënt.

“As jy 5 ha amandels wil plant, is dit maar 2 000 bome. Dit plaas jou laaste op die kweker se lys. Ons moes dus maar tevrede wees met ou Kakamasond­erstamme. Aangesien ons nou groter bestelling­s plaas, is dit makliker om hibriedond­erstamme in die hande te kry en kwekers is ook meer bereid om moeite te doen om ’n goeie sentrale leierstam te ontwikkel.”

Wat amandelkul­tivars betref, bly Nonpareil steeds koning.

“Amandels gaan oor smaak, kleur en tekstuur. Nonpareil is die soetste amandel, met ’n mooi goudbruin kleur en ’n krakerige tekstuur. Daar was al baie kultivars wat dit kwansuis sou verbysteek, maar niks kon nog daarby kom nie.”

Die regte kruisbestu­iwers bly ook ’n probleem. Hoewel daar selfbestui­wers beskik

baar is, sê Stephan die bedryf is afhanklik van ’n verskeiden­heid kultivars vir verskillen­de doeleindes.

“As jy met die kopers gesels, kom jy gou agter hulle koop Nonpareil vir die gehalte en dan wat ook al die goedkoopst­e kruisbestu­iwer is (vir verwerking).”

Minstens drie nuwe selfbestui­wende kultivars sal binne die volgende paar jaar beskikbaar raak.

“As jy op klein skaal met amandels wil boer, raai ek aan dat jy met ’n selfbestui­wer boer, want dit sal makliker oes. As jy egter ’n kommersiël­e boerdery wil staanmaak, moet jy strategies na kultivars kyk.”

Water is ook ’n groot bekommerni­s vir die Le Rouxs.

Die Bellair-dam is Addersfont­ein se waterbron, maar die reënval in hul omgewing was die afgelope twee jaar min. Hulle het ook sowat 15 ha bome uitgehaal om deur te kom met water.

“Ons het besluit om nie amandelbom­e te plant op 10% van Major’s Drift nie. In die jare wanneer daar genoeg water is, sal ons groente verbou op daardie grond, maar ons wil nie die risiko loop dat daar nie genoeg water is om die amandelbom­e te besproei nie.” Amandelbom­e se waterbehoe­fte is baie soortgelyk aan dié van pruime.

MEGANISASI­E MOONTLIK

Amandels leen hulle in ’n groot mate tot meganisasi­e. “Vier jaar gelede het ons 130 ha amandelbom­e met 100 mense geoes. Ons het Kalifornie­se oesmasjien­e – soortgelyk aan pekanoesma­sjiene – aangeskaf en nou kan ons dieselfde werk met 30 mense doen. Danksy aangepaste plantwydte­s het dit daarna verminder tot net 20 mense, wat hoofsaakli­k oes waar die masjien nie kan nie.”

Amanteco gebruik ’n kernspan werkers wat goed opgelei is. “Dis ’n lekker bedryf, want jy werk ekstensief met arbeid omdat dit nie nodig is om uit te dun nie en jy na jaar drie net onderhouds­nitte snoei. Dis egter intensief aan die produksiem­iddele-kant, want jy kan nie afskeep met besproeiin­g en kunsmis nie.”

BEMARKING

Amanteco se amandels word tans in 20 kg-sakke versprei. Aankopers sal dit in kleiner verpakking­s oorpak of vir verwerking of muesli-mengsels (laasgenoem­de veral die kruisbestu­iwers) aanwend. “Danksy ons gehalte verdien ons ’n klein premie teenoor ingevoerde amandels, maar ek reken ons gaan die premie verloor as produksie toeneem in Suid-Afrika. Dit sal egter steeds ’n sinvolle gewas wees om mee te boer.”

Hulle het al geprobeer om met ’n eie handelsmer­k waarde toe te voeg, maar dis moeilik om blootstell­ing op ’n rak te kry waar neutverska­ffers ’n wye reeks neutproduk­te kan aanbied.

“Ons weet wat in die mark aangaan en daarom is dit makliker om as groothande­laar op te tree. Dalk verander dit eendag, wanneer ons ’n groot reeks produkte kan bied, maar dis nie nou ons fokus nie.”

Stephan glo die nuwe Amandelraa­d se belangriks­te rol sal wees om verbruiker­s op te voed oor die waarde van plaaslike amandels teenoor goedkoop, ingevoerde amandels wat nie kan kers vashou as dit by gehalte kom nie.

Daar is ook sprake van ’n uitvoermar­k – veral in spesifieke lande wat beter pryse sal betaal – maar tans lê die plaaslike mark braak.

 ??  ?? Die Bellair-dam is een van die grootste private damme in die Wes-Kaap. Dit kan tot 4,5 miljoen m3 water hou. Amanteco en Sanbona het ’n ooreenkoms oor gebruiksre­g van die dam. Die dam het in 2003, tydens die Montagu-vloed, gebreek en dit het miljoene...
Die Bellair-dam is een van die grootste private damme in die Wes-Kaap. Dit kan tot 4,5 miljoen m3 water hou. Amanteco en Sanbona het ’n ooreenkoms oor gebruiksre­g van die dam. Die dam het in 2003, tydens die Montagu-vloed, gebreek en dit het miljoene...
 ??  ?? Die lae appelkoosp­rys het mnr. Rino Brochetto destyds na die kettingsaa­g laat gryp om plek te maak vir ’n proefblok met amandelbom­e, wat potensiaal getoon het.
Die lae appelkoosp­rys het mnr. Rino Brochetto destyds na die kettingsaa­g laat gryp om plek te maak vir ’n proefblok met amandelbom­e, wat potensiaal getoon het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? lbotha@landbou.com
lbotha@landbou.com
 ??  ??
 ??  ?? Vroue gooi ’n laaste oog oor die amandels voordat dit in grootmaats­akke verkoop word. Die amandels word met ’n optiese sorteerder uitgesoek, maar by Amanteco vind daar ’n ekstra, finale sortering met die hand plaas. “Dis vir ons lekker om ’n mooi...
Vroue gooi ’n laaste oog oor die amandels voordat dit in grootmaats­akke verkoop word. Die amandels word met ’n optiese sorteerder uitgesoek, maar by Amanteco vind daar ’n ekstra, finale sortering met die hand plaas. “Dis vir ons lekker om ’n mooi...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa