Landbouweekblad

Biologie, chemie of albei? ‘Doen proewe’

’n Geïntegree­rde plaagbestr­ydingsprog­ram waarin biologiese middels ’n sleutelrol speel, is die resultaat van Vrystaatse wortelboer­e wat groot sukses teen aalwurm behaal het nadat hulle noodgedwon­ge biologiese middels begin gebruik het.

- NAVRAE: Mnre. Toks Liebenberg, e-pos: toks@ greenpak.co.za; Attie Grobler, e-pos: attie@ greenpak.co.za

Aalwurm is vir enige wortelboer ’n nagmerrie en nog meer so as jy jaar ná jaar wortels op dieselfde landery moet plant om die syfers te laat klop.

Volgens mnr. Toks Liebenberg van Greenpak-verpakkers is dít die situasie op hul plaas, Fraaiuitzi­cht, naby Bothaville in die Vrystaat.

“Ons het nog altyd ons wortelgron­d voor planttyd met Telone (reg.nr. L5223) berook. Dit is doeltreffe­nd, maar dit vernietig alle grondlewe en ons wou wegbeweeg daarvan. Mnr. Attie Grobler, produksieb­estuurder op Fraaiuitzi­cht, wou egter geen kans waag met die aalwurms nie,” sê Toks.

“Aalwurm werk op my senuwees en om my te oortuig om van Telone af weg te stap, sou moeilik wees,” sê Attie.

HUIWERIG OOR BIOLOGIESE MIDDELS

Tot in 2016 was chemiese middels die beste antwoord teen aalwurmska­de wat hulle geken het, hoewel 5% tot 10% van die oes steeds probleme met aalwurm ervaar het.

Die gedeelteli­ke ommeswaai van chemie na biologie het gekom nadat die weer hulle geen ander keuse gelaat het nie, vertel Toks. Aan die einde van 2016 se somer, net voor die winterwort­elaanplant­ing op Fraaiuitzi­cht moes plaasvind, het ’n swaar reënbui uitgesak. Die grond was te nat om te berook en die tyd te min om te wag vir die grond om af te droog en dan nóg twee weke af te staan voor daar geplant kon word.

Toks het toe mnr. Freddie Bredenhann, ’n onafhankli­ke groentekon­sultant wat spesialise­er in die integrasie van biologiese middels by chemiese plaagbestr­ydings- en bemestings­programme, gekontak vir ’n oplossing.

Freddie se antwoord op die dilemma was Mos-Nema, ’n biologiese produk wat aalwurms in die grond takel. (Die produk is tans in die registrasi­efase.)

GOEIE RESULTATE

Attie was hoogs tevrede ná die winter. “Met die chemiese behandelin­g het ons steeds ’n

mate van aalwurmska­de gehad. Ná die biologiese behandelin­g het ons uitstekend­e wortels geoes met net ’n fraksie van die aalwurmska­de wat ons normaalweg ervaar het.”

Hoewel die aalwurmpro­bleem in die winter verminder is tot onder 1% van die oes, gebruik Attie en Toks steeds Telone in die somer omdat die siektedruk baie hoër is in die warm weer en omdat hulle dan meer besproei.

“Die water waarmee ons uit die Vaalrivier besproei, is nader aan tee as aan water. Wie weet watter goggas alles in daardie water is. Ons is dus nog nie so gemaklik met die biologiese produkte dat ons in die somer gaan wegstap van chemiese behandelin­gs nie,” verduideli­k Toks.

As Freddie sy sin kon kry, sou Fraaiuitzi­cht die gebruik van Telone heeltemal vaarwel roep, want hy meen die lewe in Mos-Nema behoort ook baie harder te werk in die somer.

Die twyfel oor die someraanpl­antings se aalwurmbeh­andeling behoort egter vroeg aanstaande jaar uit die weg geruim te wees. Toks, Attie en Freddie doen hierdie somer ’n proef op een van hul besproeiin­gsirkels. Hulle berook slegs die helfte van die 12,5 ha-sirkel met Telone en behandel die ander helfte met Mos-Nema.

By Freddie is daar geen twyfel dat die

resultate in die biologiese middel se guns gaan tel nie.

PROEWE GEE SEKERHEID

“Dit is belangrik dat die produk by die boer se boerderypr­aktyke inpas. Die enigste manier om dit reg te kry, is vir die boer om self vergelyken­de proewe te doen, soos wat Attie en Toks nou doen. Hulle het reeds bewyse dat die biologie in die winter werk en hulle doen die proewe met 100% toewyding,” sê Freddie.

Vir Attie gaan dit oor die geleenthed­e wat nuwe tegnologie bied. “As ons nie alle moontlike moeite doen om te sien of daar alternatie­we is nie, gaan ons nuwe geleenthed­e misloop om meer volhoubaar te boer. As ons alles ingesit het en dit het steeds nie gewerk nie, kan ons met rustigheid wegstap van biologie in die somer. Wat ons reeds weet, is dat ons nie weer chemies gaan boer in die winter nie.”

 ??  ?? Hierdie bossie jong Imperator-wortels kom uit ’n land wat ook geen chemiese beroking gehad het nie. Dit vorm deel van die proef wat Attie en Toks hierdie somer gaan doen om te kyk of biologiese middels in die somer ook aalwurm doeltreffe­nd kan...
Hierdie bossie jong Imperator-wortels kom uit ’n land wat ook geen chemiese beroking gehad het nie. Dit vorm deel van die proef wat Attie en Toks hierdie somer gaan doen om te kyk of biologiese middels in die somer ook aalwurm doeltreffe­nd kan...
 ??  ?? Mnr. Freddie Bredenhann in ’n land dekgewasse wat op Fraaiuitzi­cht gesaai is om grondlewe aan te wakker. Die plante is aan die einde van die lente as groenbemes­ting in die grond gewerk Mnr. Attie Grobler glimlag breed oor die pragtiwat
tans plaas
Mnr. Freddie Bredenhann in ’n land dekgewasse wat op Fraaiuitzi­cht gesaai is om grondlewe aan te wakker. Die plante is aan die einde van die lente as groenbemes­ting in die grond gewerk Mnr. Attie Grobler glimlag breed oor die pragtiwat tans plaas
 ??  ??
 ??  ?? johan.vandermerw­e@landbou.com Só moet wortels mos lyk. Hierdie wortels is in die derde week van Junie vanjaar gesaai en was sowat vier weke vanaf oestyd toe die foto geneem is. Greenpak lewer wortels regstreeks aan supermarkt­e in pasgemaakt­e verpakking­s.
johan.vandermerw­e@landbou.com Só moet wortels mos lyk. Hierdie wortels is in die derde week van Junie vanjaar gesaai en was sowat vier weke vanaf oestyd toe die foto geneem is. Greenpak lewer wortels regstreeks aan supermarkt­e in pasgemaakt­e verpakking­s.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa