Landbouweekblad

VURIGE VOGGIES UIT DIE KETEL

Net buite Oudsthoorn lê Grundheim-wyne, die tuiste van die Grundling-familie, waar daar al sedert 1858 witblits gestook, wyn gemaak en lekker geëet word.

-

Op Grundheim se witblits-reeks se etikette pronk ’n parmantige bulterriër, want die inhoud van die bottel het net so ’n sterk byt soos daardie terriër!

Op Dys en Elana Grundling se plaas word witblits nog op die tradisione­le manier met hout gestook. Hulle is die sesde geslag witblitsst­okers en wynmakers op Grundheim. Met name soos Windpomp, Brandslang en Danie se Withond, gaan jy nie maklik verby ’n bottel Grundheim-witblits loop nie!

Benewens witblits word daar ook wyn, muskadel, port, likeur en potketelbr­andewyn op Grundheim gemaak.

Dys, wat ook die wynmaker op Grundheim is, kan nie sonder sy gesoute stoker, Jan Goliath, werk nie. Nes sy pa en oupa voor hom behartig Jan die stookprose­s soos ’n meester.

“Ek en Jan het saam grootgewor­d en ken mekaar goed. ’n Konsultant het destyds vir my gesê: ‘As jy met oop vuur stook, is daar geen boek of skrif met reëls waarby jy kan hou nie. Die persoon wat die stookketel hanteer, moet ’n aanvoeling daarvoor ontwikkel.’ Jan het daardie aanvoeling en is passievol oor sy werk,” sê Dys.

Terwyl Dys en sy span vir die drank verantwoor­delik is, is die spyse weer sy kunstige vrou, Elana, se afdeling en liefde. Elana het in ’n voedselrig­ting studeer voor sy in die Karoo kom woon het. Kosmaak en onthaal is vir haar heerlik.

Elana se kerrievis en lamsnek is Dys se gunsteling­e, hoewel hy alles geniet wat sy maak. “Ek moet net soms raas oor al die kostydskri­fte wat sy koop!” skerts hy.

Elana berei vir Elma een van haar staatmaker­resepte voor – ’n korslose spinasiepa­stei, wat perfek afgerond word met ’n pikante lemmetjie-jenewerter­t om vir nagereg te geniet.

 ??  ?? Elma Postma (links), aanbieder van Plaaskombu­is, en Elana Grundling van Grundheim-wyne berei ’n maklike, korslose spinasiepa­stei en romerige jenewer-en-lemmetjiet­ert voor.
Elma Postma (links), aanbieder van Plaaskombu­is, en Elana Grundling van Grundheim-wyne berei ’n maklike, korslose spinasiepa­stei en romerige jenewer-en-lemmetjiet­ert voor.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa