Landbouweekblad

Geloof en verantwoor­delikheid

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Iemand vra my onlangs of daar ’n grens tussen geloof en verantwoor­delikheid is. Dié vraag is so oud soos die berge, maar gesprekke daaroor het nog glad nie eenvormigh­eid bereik nie. Die een denkskool meen geloof in God en in Sy doen en late behoort die alleenreg te hê op besluite en die uitvoering daarvan. “Glo net,” word rustig en laat alles aan die Here oor.

’n Tipiese voorbeeld is dié van ’n student wat selfs ’n Bybelteks aangehaal het om sy argument krag te gee. Hy kón (of wóú) bloot nie ’n vroegoggen­dklas bywoon nie. Hy’t hom beroep op koning Salomo se wysheid in sy pelgrimsli­ed: “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ’n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap” (Ps. 127:2). Geloof kan dus ’n goedkoop premie word vir enige uitkeerpol­is – groot óf klein. Só kan hulle heerlik saamsing met die digter: “Nooit kan geloof te veel verwag nie, want Jesus woorde is gewis.”

’n Ander denkskool laat val die klem op menslike verantwoor­delikheid. Doen wat jy moet en doen dit reg. Gebruik jou verstand in jou beplanning en gebruik jou krag om jou planne uit te voer. Moenie van God verwag om jou werk te doen nie.

God hou van mense wat gewillig is om hul huiswerk te doen. Die aanhangers van dié idee is ook nie sonder Bybeltekst­e om hul saak te steun nie. Dink aan die vele tekste wat die adel van die arbeid beklemtoon. God hou nie van lui mense nie. Daaroor het koning Salomo gesê: “Hy word arm wat met ’n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk” (Spr. 10:4).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa