Landbouweekblad

TEM EEN VAN DIE KAAP SE BESTES

Gholf op ’n topbaan langs die Botrivier-strandmeer, omring deur die Kogelberge, is sterk aan te beveel.

-

Die Arabella-gholfbaan naby Kleinmond word beskou as een van die golfbaanar­gitek Peter Matkovich se meesterstu­kke. Fynproewer­s beskryf dit as ’n klassieke, goed gebalansee­rde, vloeiende uitleg. Die baan het in 1999 geopen en het reeds in 2010 die vierde plek beklee op die Golf Digest se lys vir topbane – in daardie stadium was dit dus die Kaap se beste. Hermanus se walvisse is net 20 km weg en daar is ’n aantal wynlandgoe­dere in die Hemel-en-Aarde-vallei. Arabella is geleë aan die R44 tussen Kleinmond en Hermanus.

Arabella het vir ’n aantal jare die Nelson Mandela-uitnodigin­gstoernooi aangebied, waarvan Gary Player en Madiba die gashere was. Dié liefdadigh­eidsgeleen­theid het beroepspel­ers, vermaakkun­stenaars en sakemanne gelok om die spel te geniet in ’n tipe tuinparty-atmosfeer. Die hotel op die landgoed het ook al verskeie pryse gewen – wat alle twyfel uit die weg ruim oor die standaard van hierdie gholf-en-vakansieko­mpleks.

Vir die gewone speler is dit bloot ’n lekker baan wat altyd in ’n goeie toestand is (hoewel dit gewoonlik nat in die winter en winderig in die somer is).

Die baan – en landgoed – is ryk aan fynbos, veral proteas, wat goed onderhou word.

SUIDOOSTER NIE JOU SPEELMAAT

Dis ’n kampioensk­apbaan van die agterste bowwe af, maar kan taai wees vir klubspeler­s. In ’n stadium kon jy ’n gratis ronde speel as jy putjies 3, 4 en 5 almal gelyk aan syfer kon speel. Die setperke is oor die algemeen redelik moeilik. Arabella is 6 082 m lank vir mans en 5 107 m vir vroue.

Nommer drie is ’n lang syfer 4 van 430 m, met water links van die setperk wat reg teen die suidooster in speel. Nommer vier is ook lank, met ’n nou skoonveld waar jy die bal effens moet sny. Die setperk is klein en daar is twee sandkuile regs. Nommer vyf is ’n afdraande syfer 3, met sandkuile kort en regs van die setperk (wat van die berg se kant na regs afloop).

Nommer een en tien is die enigste opdraande putjies, en water – soos die Botrivier – kom dikwels in spel.

Die laaste vyf putjies (syfers 3, 4, 4, 3 en 5) is almal taai, veral as die Suidooster woed. Die sestiende putjie moes onlangs oorgedoen word omdat te veel balle in die huise beland het.

’n Beroepspel­er en oefenarea is beskikbaar vir lesse. Stokke word ook verhuur. NAVRAE: Tel. 028 284 0105.

 ?? FOTO: TERSIUS TROOST ?? Die agtste putjie is ’n syfer vyf. Die groot denneboom, verder weg van die strandmeer, verleen ’n parkagtige gevoel aan die baan.
FOTO: TERSIUS TROOST Die agtste putjie is ’n syfer vyf. Die groot denneboom, verder weg van die strandmeer, verleen ’n parkagtige gevoel aan die baan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa