Landbouweekblad

WAAK TEEN HIERDIE VEESIEKTES

-

BOERE gaan groot verliese ly as hulle nie waak teen siektes wat deur bosluise oorgedra word, soos Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmos­e, noudat die reëntyd begin het nie. Siektes wat deur insekte oorgedra word, kan net soveel amok saai. Daaronder tel knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e, bloutong, slenkdalko­ors, Wesselsbro­nsiekte en Afrika-perdesiekt­e.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), sê in sy Oktoberver­slag oor siektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is, dat insekoordr­aagbare siektes deur inentings beheer kan word, terwyl bosluisoor­draagbare siektes ook deur goeie beheermaat­reëls hokgeslaan kan word.

Vogtigheid en hitte wat heers sodra die reëntyd begin het, bied ideale toestande vir inwendige parasiete. Daaroor kan ’n veearts raad gee.

Die TABEL som siektes en toestande op wat gedurende Oktober deur veeartse by RuVASA aangemeld is.

VERGIFTIGI­NG

Nóg ’n nagmerrie wat groot verliese veroorsaak, is vergiftigi­ng, volgens dr. Neil Fourie, ’n spesialis op dié gebied. Sewe gifti- ge-plant-sindrome veroorsaak 70% van veeverlies­e.

Daar is sowat seshonderd gif- plantspesi­es in Suid-Afrika. Die “groot agt” is glikosides (hartgif- stowwe), gifblaar, tulp, lantana, geeldikkop, vermeersie­kte, gousiekte en inkbessiev­ergiftigin­g.

Elke streek het sy eie proble- me met gifplante waarvan sommiges nie noodwendig onder die agt sindrome val nie.

’n Boer van Ladysmith het onlangs 30 beeste weens Co- tula nigellifol­ia (Matricaria ni- gellifolia, oftewel steierboss­ie of stootsiekt­ebossie) verloor, wat ’n senusindro­om bekend as stoot- siekte veroorsaak.

In Namibië word kleinvee weer blind weens Helichrysu­m argyrospha­erum (sewejaartj­ie) gedurende droogtes.

In die Wes-Kaap dra Eucalyp- tus cladocalyx by tot blousuur wanneer die bome bot.

Ander tipes wat vergiftigi­ng veroorsaak, is onder meer Dipcadi glaucum (slangkop), kweek, cyanobacte­ria (blougroen alge) en Pteridium aquilinum (adelaarsva­ring).

RuVASA se verslag word maan- deliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig sodat hulle voorkomend­e maatreëls kan toepas.

 ??  ?? ’n Inkbessiep­lant. Kenners reken inkbessiev­ergiftigin­g (Cestrum) behoort by die sewetal giftige-plant-sindrome gevoeg te word.
’n Inkbessiep­lant. Kenners reken inkbessiev­ergiftigin­g (Cestrum) behoort by die sewetal giftige-plant-sindrome gevoeg te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa