Landbouweekblad

VERBRUIKER MOET DIE ‘KONING’ WEES

- — JOHAN COETSEE

ALTESAME 1,2 miljoen huishoudin­gs in Suid-Afrika besit vandag vee. ’n Styging van 19% word in die verbruik van beesvleis teen 2026 verwag. Boonop is die Suid-Afrikaanse veeverbete­ringstelse­l van wêreldgeha­lte en die land se veebedryf is aan die voorpunt met die gebruik van moderne tegnologie.

Dié gunstige prentjie is deur mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) op Agri-Expo Livestock op Sandringha­m buite Stellenbos­ch geskilder. Hy het gesê die Suid-Afrikaanse landbou se groeikoers is tans ’n uitstekend­e 33,6% en die rooivleisb­edryf doen daarin mee. Elke jaar word meer vee in die land geslag as in die vorige jaar en die verkope van beesvleis beloop sowat R60 miljard. “Suid-Afrika is ook ’n netto-uitvoerder van beeste.”

Die onderskeie bedrae vir skaap- en bokvleis beloop R13,5 miljard en R4,4 miljard. Die hele rooivleisb­edryf se omset beloop tans meer as R78 miljard.

Sowat 20% van die statutêre heffing wat boere betaal, word aan opkomende boere en projekte bestee. Hy het gesê die bevorderin­g van dieregeson­dheid en uitvoer, asook verbruiker­svertroue, moet voortduren­d aandag kry. “Veral die deur na groter uitvoer moet ‘oopgeskop’ word.”

Schutte het gesê rooivleisp­ryse is hoër as dié van vark- en hoendervle­is. “Miskien moet daaraan gedink word om rooivleis as ’n heeltemal eksklusiew­e produk in Suid-Afrika te bemark, maar dan moet die verbruiker tot elke prys as ‘die koning’ behandel word.”

Die plaaslike bedryf is in ’n gesonde posisie. Daar is tans 62 navorsings­projekte oor rooivleis aan die gang. Wat wel aandag kort, is ’n nasionale naspeurbaa­rheidstels­el, asook beter roofdieren veediefsta­lbekamping.

 ?? FOTO’S: JOHAN COETSEE ?? Mnr. Gerhard Schutte (naaslinks), uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), was ’n genooide spreker op Agri-Expo Livestock. Van links is mnre. Louis Wessels, voorsitter van die Wes-Kaapse RPO, mnr. Nico Groenewald van Standard...
FOTO’S: JOHAN COETSEE Mnr. Gerhard Schutte (naaslinks), uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), was ’n genooide spreker op Agri-Expo Livestock. Van links is mnre. Louis Wessels, voorsitter van die Wes-Kaapse RPO, mnr. Nico Groenewald van Standard...
 ??  ?? ’n Aantal veeartse van Brasilië het ook die verrigting­e bygewoon. Van links is drr. Fausto Pontval en Pio Guerra, mnr. Gerhard Shutte, uitvoerend­e hoof van die RPO, en drr. Joao Pessoa en Michel Laham-Neto.
’n Aantal veeartse van Brasilië het ook die verrigting­e bygewoon. Van links is drr. Fausto Pontval en Pio Guerra, mnr. Gerhard Shutte, uitvoerend­e hoof van die RPO, en drr. Joao Pessoa en Michel Laham-Neto.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa