Landbouweekblad

RASALHOE GEWILDER

-

Die vraag na Romagnolas is só groot dat stoetteler­s van dié ras omtrent nie kan voorbly om daarin te voorsien nie.

Dragtige verse verkoop teen tot R50 000 stuk, sê mnr. Willem Wagener, voorsitter van die genootskap, van die plaas Toorberg by Graaff-Reinet.

Hy sê Zambiese telers voer elke jaar 20 Romagnolav­erse uit Suid-Afrika in. Die afgelope drie jaar is 60 van dié diere na Zambië geneem. Teeldiere is ook na Namibië, Botswana en Uganda uitgevoer, hetsy vir kruis- of stoettelin­g.

Aangesien die vraag deurlopend hoog bly, bly pryse ook hoog. Geregistre­erde bulle word vir tot soveel as R110 000 verkoop en kommersiël­e bulle teen R30 000 en meer.

Sowat 20 telers is verbonde aan die genootskap. Wagener sê hulle vergader elke drie tot vier jaar om saam te besluit oor watter semen van topbulle hulle uit Italië en Australië na Suid-Afrika wil invoer.

Mnr. Armando Balocco van Hekpoort het in 1995 die eerste Romagnolas uit Italië na Suid-Afrika ingevoer.

Hoewel die antieke Romagnola aanvanklik as dubbeldoel­diere, vir werk én hul vleis, geteel is, is die moderne Romagnola by uitstek ’n vleisbees. Wagener sê hulle is ook bekend vir hul besonder goeie temperamen­t.

Hoewel Romagnolas soveel groter van raam is, veroorsaak hulle in kruistelin­g nie dek- óf geboortepr­obleme nie. Dit geld selfs vir kruistelin­g met veel kleiner rasse, soos die Nguni en Tuli, sê Wagener. — MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ??
FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa