Landbouweekblad

OU VRIENDE EN NAMAKWA ‘EPIC’

-

Soos die meeste goeie stories het die storie van die skenking ’n lang aanloop, vertel me. Sulene Archer, ’n boervrou en entreprene­ur wie se teetuin op die Kamiesberg en kontakte in die mieliewêre­ld haar gehelp het om haar gemeenskap te help.

Volgens mnr. Willie Zastron, provinsial­e hoof by Absa Besigheids­bank, reël hulle die afgelope vier jaar ’n taai bergfietsr­it in Namakwalan­d vir hul voorste boerekliën­te wat dikwels nie ’n kans kry om die volle Cape Epic-fietstoer te ry nie. Op die

“Namakwa Epic” kry hulle ’n kans om ’n “mini-Cape Epic” te ry en op Namakwalan­dse gasvryheid getrakteer te word.

Vir Absa Besigheids­bank is dit ’n geleenthei­d om met groot kliënte te skakel, terwyl kliënte oor landbousak­e kan gesels.

Op die laaste aand hou hulle ’n wynveiling waarvan hulle die opbrengs aan ’n plaaslike, behoeftige organisasi­e skenk. Só het ’n instelling op Garies, die Doringrosi­espeelskoo­l op Nourivier en die Merwehofou­etehuis op Kamieskroo­n al duisende rande ontvang.

Toe die fietsryers vanjaar nie ’n blommetjie

sien nie én die droogte in die veld ervaar, het hulle besluit om die opbrengs van die veiling aan die boere te skenk. Mnr. Balie Swart, voormalige Springboks­tut, het vir die groep gesê: “Help die boere, hulle kry swaar.” Sulene sê sy en Berto (haar man) van die Subert-boerdery was in trane oor die vrygewighe­id.

Willie sê hulle samel gewoonlik sowat R25 000 met die wynveiling in, maar hierdie keer het mense op wie ’n bod toegeslaan is, die wyn teruggegee om weer opgeveil te word. Altesaam R70 000 is op die ou end ingesamel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa