Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N BYEBOER

NELSON DE LA QUERRA

- Lynette en Nelson de la Querra FOTO: VERSKAF

Nelson de la Querra het in die byebedryf grootgewor­d. Vandag bedryf hy en sy vrou, Lynette, die Klapmutsko­p-byeboerder­y naby Stellenbos­ch. Hulle is ook eienaars van Qbee, wat aan verskeie winkels heuning verskaf. Sy broers is ook deel van die familie-ondernemin­g en produseer heuning op Hopefield en Oudtshoorn.

Is dit waar dat daar meer as 22 verskillen­de tipes heuning in die Wes-Kaap is?

Ek ken ’n oom wat graag sê daar is meer geure en smake in heuning as in die wyn in die Boland. Die geure hang af van die plant en die nektar. Bloekomheu­ning is baie gewild, maar met dié dat soveel bloekombom­e deesdae uit rivierlope verwyder word en niks in die plek daarvan geplant word nie, word bye se habitat geraak. Lemoenheun­ing is net so lekker, hoewel dit deesdae iets is wat baie skaars is. My gunsteling is heuning van die bloublomme­tjie-plant. Dit is ’n Australies­e plant, maar bied uitstekend­e kos vir bye.

Hoekom is dit belangrik dat verbruiker­s Suid-Afrikaanse heuning koop?

Ons heuning is van die beste ter wêreld wat gehalte, smaak, geur en digtheid betref. Europese en veral Chinese heuning se waterinhou­d is baie hoër as ons s’n. Ons is ook die enigste land ter wêreld met fynbos en die unieke heuning wat daarvan gemaak word. Daar is studies wat toon veral ons fynbosheun­ing is beter as selfs Manuka-heuning uit Nieu-Seeland.

Watter invloed het die droogte op jul byeboerder­y?

Om nektar uit die plante te kry moet ons 300-350 mm reën kry. Dis nou die derde jaar van droogte en dit strek oor al drie ons produksies­treke — die Weskus, die Boland en Oudtshoorn. Ons heuningpro­duksie het baie afgeneem. Gewoonlik het ons teen November al sowat 30 ton heuning in Oudtshoorn geoes, maar vanjaar het ons nog skaars drie emmers geoes. By die Klapmutsko­p-boerdery op Stellenbos­ch oes ons jaarliks 30-35 ton heuning, maar die afgelope drie jaar kon ons nie eens ’n derde daarvan kry nie. Ons oes die meeste heuning by lusernaanp­lantings, maar die boere plant nie op die oomblik nie, want dit is te droog. Ons bestuiwing­sdienste word ook geraak, want boere kap ouer vrugteboor­de uit om water te bespaar.

Hoe oorleef die bye?

Ons moet hulle nou suikerstro­op voer. Jy kan dit in dromme uitplaas of byevoerder­s gebruik.

Wat kan gewone mense doen om te help?

Die Wes-Kaapse byeverenig­ing werk tans saam met Elsenburg en die Wes-Kaapse regering aan projekte om meer byvriendel­ike plante te plant, veral waar bloekoms in rivierlope uitgehaal word. In Amerika word boere aangemoedi­g om klawer of lusern tussen hul gewasse te plant om vir bye kos te produseer. By jou huis kan jy ook byvriendel­ike plante plant, soos kleurryke vygies of laventel. Dit verskaf nie net nektar nie, maar ook stuifmeel, wat ’n belangrike bron van proteïene vir die jong larwes is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa