Landbouweekblad

PLANTTYD RAAK MIN

- — NICO VAN BURICK

REËNVAL in die somersaaig­ebied was tot dusver wisselvall­ig. Aanplantin­gs in die oostelike dele het redelik verloop, en in die westelike dele wag die meeste boere nog op wydverspre­ide reën om te kan plant.

’n Onlangse opname deur Graan SA het getoon dat aanplantin­gs van mielies in die ooste op sowat 90% tot stilstand gekom het, en in KwaZulu-Natal op 60-70%. Wat sojabone betref, is daar in dié twee gebiede onderskeid­elik nog net 10% en 30-40% geplant.

In die Oos-Vrystaat was sowat 20% van die mielies klaar geplant, maar min ander gewasse. In Noordwes het reën kol-kol voorgekom. Al lyk die ondergrond­se vogtoestan­de op plekke goed, wag almal nog op goeie reën.

AFGEHANDEL

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, wat in die Hennenman-omgewing boer, sê dit het by hom nog baie min gereën en hy kan steeds nie begin plant nie. Sy beste planttyd was van 15 November tot 25 November, maar hy sê hoe verder wes ’n mens beweeg, hoe later kan daar nog geplant word.

Hy sê die noordelike dele van die Vrystaat, onder meer Frankfort en Sasolburg, het reën gehad. Dit het ook in die Oos-Vrystaat by Harrismith en Betlehem se omgewing gereën.

“In die westelike dele van die Vrystaat en in Noordwes het dit nog min gereën en boere wag angstig om te kan begin plant.”

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz, raam ook dat in ’n sleutelpro­duksiegebi­ed, soos die oostelike Hoëveld in Mpumalanga, 90-95% van die beplande mielie-aanplantin­gs afgehandel is. Hy sê 60-70% van mielie-aanplantin­gs is ook in KwaZuluNat­al voltooi.

“Met die optimale planttyd wat nou in die oostelike dele verby is, kan opbrengste effens laer wees waar boere steeds ’n kans moet waag om te plant. In die westelike mieliegebi­ed duur die optimale planttyd vir die meeste boere nog tot in Desember. Dit is ’n gebied waar oorwegend wit mielies geplant word.”

BELOWEND

Sihlobo het verlede week gesê die reënvoorui­tsigte vir die hele mieliegebi­ed lyk belowend oor ’n tydperk van twee weke.

“Dit kan goed wees vir die mielies wat reeds in die ooste geplant is en ook help met grondvog in ander dele waar daar nog geplant moet word.”

Wat die koringstro­opproses betref, het Graan SA se opname getoon dat 50% van produsente in die suid-Swartland klaar gestroop het, 90% in die noordSwart­land, 50% in die Overberg en 90% in die Suid-Kaap. In die Noord-Kaap en Oos-Vrystaat, waar koring later gestroop word, word onderskeid­elik bogemiddel­de en ondergemid­delde oeste verwag.

‘In die westelike mieliegebi­ed duur die optimale planttyd nog tot in Desember vir die meeste boere.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa