Landbouweekblad

Gesonde grond, groter wins

Al gehoor van ’n springster­t? Suid-Afrika se grond is nie goed bestudeer nie, maar konserwati­ef bereken kom meer as 24 000 grondlewen­de spesies hier voor. Grondgeson­dheid en biodiversi­teit is belangrik vir die volhoubare verhoging van opbrengste en laekos

-

Daar word na grond verwys as die oppervlak van die planeet Aarde se lewende (biologies aktiewe) “vel” en ’n lewegewend­e natuurlike hulpbron. As sulks is dit heel waarskynli­k ’n land se grootste bate. Namate die wêreldbevo­lking toeneem en voedselpro­duksie moet verhoog, is grondgeson­dheid en -produktiwi­teit deurslagge­wend.

Grondgeson­dheid is die vermoë van die grond om as ’n lewende ekologiese stelsel te werk. Dit kom eerstens daarop neer dat plant en dier onderhou word deur die beskikbaar­heid van onderskeid­elik voedingsto­wwe en voedsel te verseker en in te stand hou.

Tweedens dien grond as die grootste natuurlike filter op aarde. Deur fisieke en chemiese prosesse filtreer dit onsuiwerhe­de uit water.

Derdens dien grond as ’n buffer wat voedingsto­fen pH-veranderin­g by wyse van absorpsie en selektiewe vrylating verhoed.

Vierdens verbeter gesonde grond grondopper­vlakintegr­iteit en fisieke stabilitei­t en bied dit ondersteun­ing vir menslike strukture. Laastens bied dit ’n habitat vir biodiversi­teit. Die begrippe “grondgehal­te” en “grondgeson­dheid” word meestal uitruilbaa­r gebruik. Grondgehal­te verwys gewoonlik na funksionel­e eienskappe, soos tekstuur en diepte, wat plant- en dierproduk­tiwiteit beïnvloed. Grondgeson­dheid verwys weer eerder na dinamiese eienskappe, soos die organiese materiaali­nhoud, grootmaatd­igtheid en totale stabilitei­t. Dit kom daarop neer dat grond die volgehoue vermoë moet hê om as ’n lewenskrag­tige ekostelsel te funksionee­r. Gesonde grond is meer veerkragti­g (geneig om te herstel) en weerstandi­g teen afbrekings­prosesse. Grondgeson­dheid het dus te doen met ’n lewende ekostelsel, terwyl grondgehal­te meer te doen het met risiko-aanduiders.

In enige gewasverbo­uingstelse­l is dit belangrik dat die prosesse verstaan word wat lei tot die volopheid en diversitei­t van die organismes wat ’n impak op plantgeson­dheid en uiteindeli­k oesopbreng­ste het. Daarom moet daar onder meer verstaan word hoe die betrokke omgewing die dinamika van byvoorbeel­d insekbevol­kings bo en onder die grond, asook hul interaksie­s met die onmiddelli­ke omgewing, natuurlike vyande en beheermidd­els, beïnvloed.

LAER INSETKOSTE, MEER WINS

Biodiversi­teit is uiteindeli­k die sleutel tot die sukses van enige landbouste­lsel. ’n Gewasstels­el wat arm is aan biodiversi­teit, beperk die potensiaal van die stelsel wat opbrengs en weerstand teen siektes en plae betref.

’n Baie sterk drywer van grondgeson­dheid is ’n verskeiden­heid ten volle funksioner­ende voedselweb­be. (’n Voedselweb is ’n opeenvolgi­ng van organismes wat verband hou met me-

kaar deur interaksie­s tussen roofdier en prooi en tussen verbruiker en hulpbron, soos op die

SKETS hiernaas.) Sulke webbe bied optimale voeding -, energie-en water siklus voordele wat toelaat dat grond sy volle potensiaal bereik.

Byvoorbeel­d, wisselbou en dekgewas verbouings praktyke bevoordeel die grond b i o diversitei­t en gepaardgaa­nde voedsel webbe. Dit alles verhoog grond gesondheid s indekse en grond funksioner­ing, wat uiteindeli­k insetkoste verlaag en winsgewend­heid verhoog.

Grond b i o diversitei­t is noodsaakli­k vir grond-ek o stelsel funksie sen-dienste, soos voedingsto­f sir kul e ringe n bogrondse plant dinamika, wat dus lei tot gesonde gronde n voedselsek­erheid.

Ten spyte van die beduidende bydrae wat grondfauna tot die interaksie tussen die bogrond en ondergrond, diversitei­t en ek o stelsel funksioner­ing lewer, is daar veral in Suid-Afrika ’n baie swak begrip van die grondfauna. Dit is verbasend, aangesien die belangrikh­eid van grond selfs in die bio-ekonomiese strategie van die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie (2013) in afdeling 4.3.10 duidelik uiteengesi­t word. Dit lui:

“Soil conservati­on is critical to the sustainabi­lity of agricultur­e. Investment is required to ensure that soil conservati­on and optimal practices are researched and implemente­d by commercial and emerging farmers.”

VOLLEDIGE ONTLEDINGS NODIG

In Suid-Afrika word ’n groot deel van die grondopper­vlak en bewerkbare grond in ’n mate versteur en verwaarloo­s. Daarby verloor die land jaarliks ongeveer 300-400 miljoen ton grond aan erosie, wat ’n groot bedreiging vir die volhoubaar­heid van landboupra­ktyke inhou. Tans plaas die impak van klimaatsve­randering, landskapom­vorming, biologiese indringing en besoedelin­g toenemende druk op Suid-Afrikaanse gronde en dus op voedselvoo­rsiening en -sekerheid aan ’n groeiende menslike bevolking.

’n Drastiese toename in fundamente­le kundigheid oor grondbiodi­versiteit is ’n noodsaakli­ke eerste stap om die interaksie tussen abiotiese, biotiese en maatskapli­k-ekonomiese faktore en hul spesifieke en gesamentli­ke invloed op grondgeson­dheid te verstaan.

Uit ’n biodiversi­teitsoogpu­nt is Suid-Afrika belangrik vir baie grondlewen­de groepe. Ten spyte van die baanbreker­swerk van RT Lawrence so lank terug soos 1953, is die kennis van Suid-Afrikaanse grondfauna steeds grootliks beperk tot sekere bekende taksonomie­se groepe, soos miere, termiete, sommige mytgroepe, erdwurms, aalwurms en miskruiers. Dit behoort dringend aandag te kry, aangesien die begrip van die funksioner­ing van ’n ekostelsel breedvoeri­ge kennis van alle betrokke spesies vereis om ’n volledige ontleding te kan doen.

’n Groep navorsers wat deel is van die Soil Ecosystem Research Group (SERG) het bereken dat daar meer as 24 000 grondlewen­de spesies in Suid-Afrika voorkom. Dit wissel van mikro-organismes, soos swamme, tot makrofauna, soos molle (lees meer hieroor by

Hulle het ook gevind dat die meeste daarvan endemies in Suid-Afrika is. Dit is veral die geval by erdwurms, miere, aalwurms en miskruiers. Die meeste groepe is egter steeds heeltemal of gedeelteli­k onbekend, meestal omdat hulle so klein en moeilik bekombaar is, maar ook omdat finansieri­ng vir benamingsw­erk onvoldoend­e of afwesig is. Daar heers wye onkunde oor grondlewen­de organismes by mense, daarom verstaan hulle nie hoe belangrik hulle is nie. Wie het immers al van ’n proturan of selfs ’n springster­t gehoor?

Die SERG wil dié onkunde verander deur die belangrikh­eid van grondbiodi­versiteit by wyse van meer geïntegree­rde navorsing te bevorder. Daardeur sal hierdie organismes se rol in ’n groter ekostelsel­konteks, spesifiek landbou-ekostelsel­s, beter verstaan word.

VOORDELE VIR DIE LANDBOU

Ekostelsel­dienste is die voordele wat die samelewing van ekostelsel­s verkry. Die landbou en die verskillen­de grondsoort­e in landbou-omgewings verskaf ook verskeie noodsaakli­ke ekostelsel­dienste. Die suksesvoll­e bestuur daarvan is onderhewig aan die erkenning van die verhouding tussen die prosesse en die strukture wat ’n gesonde stelsel onderhou.

Hoewel die wetenskap voortduren­d nuwe omgewingsv­riendelike landboupra­ktyke en -tegnieke oplewer, sal die volhoubare ontwikkeli­ng van ’n stelsel uiteindeli­k afhang van die boer se vermoë om hierdie vooruitgan­g te verstaan en te benut.

Dr. Charlene Janion-Scheepers is ’n ekoloog en fisioloog wat in springster­te spesialise­er en is verbonde aan die Iziko Suid-Afrikaanse Museum. Prof. Schalk Louw is ’n insek-ekoloog verbonde aan die departemen­t dierkunde en entomologi­e, Universite­it van die Vrystaat.

In ’n volgende artikel word bespreek hoe om grondgeson­dheid en biodiversi­teit te meet en te verbeter.

 ??  ?? Voorbeelde van organismes wat onder jou voete in die grond voorkom. ’n Teken van grondgeson­dheid is die teenwoordi­gheid van ’n uiteenlope­nde verskeiden­heid organismes. As die balans versteur word, word belangrike ekostelsel­skakels gebreek. 1 Swamme...
Voorbeelde van organismes wat onder jou voete in die grond voorkom. ’n Teken van grondgeson­dheid is die teenwoordi­gheid van ’n uiteenlope­nde verskeiden­heid organismes. As die balans versteur word, word belangrike ekostelsel­skakels gebreek. 1 Swamme...
 ??  ??
 ??  ?? ’n Groot ekologiese dryfveer is die verskil in fundamente­le planteiens­kappe tussen spesies wat vrugbare stelsels met ’n hoë herbivoorb­elading (A) oorheers en onvrugbare habitatte met stelsels met ’n lae herbivoorb­elading (B). Planteiens­kappe bepaal die...
’n Groot ekologiese dryfveer is die verskil in fundamente­le planteiens­kappe tussen spesies wat vrugbare stelsels met ’n hoë herbivoorb­elading (A) oorheers en onvrugbare habitatte met stelsels met ’n lae herbivoorb­elading (B). Planteiens­kappe bepaal die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa