Landbouweekblad

FRAAIUITZI­CHT SE PLAAGBEHEE­RPROGRAM

- NAVRAE: Mnr. Freddie Bredenhann; e-pos: freddie@shortlands.africa; webwerf: www. shortlands.africa; sel 078 120 6611.

In die winter gebruik mnr. Attie Grobler slegs biologiese produkte op die plaas Fraaiuitzi­cht se wortelaanp­lantings om die aalwurmpro­bleem in die grond die hoof te bied. Vier weke voor planttyd, wat gewoonlik van April tot Mei is, dien Attie 20 liter Mos-Nema per hektaar toe.

“Ons voeg 15 kg fulviensuu­r per ha en 30 kg humiensuur per ha daarby. Die resep word met planttyd herhaal en dan weer vier weke daarna. Hoe vroeër ons hierdie middels in die grond kan kry, hoe beter.

“Die middels word hoofsaakli­k deur spuite toegedien, hoewel spilpuntto­ediening ook gedoen kan word. Dit is egter minder akkuraat. Die probleem is dat die produkte dikwels UV-gevoelig is en dus vroegaand toegedien moet word en dan ingewas moet word voor die son opkom,” sê Attie.

Mos-Nema is ’n kombinasie van organiese sure, Paecilomyc­es-swamme en mikrobes, sê mnr. Freddie Bredenhann, ’n onafhankli­ke konsultant.

“Dit is hoofsaakli­k ’n grondverbe­teraar wat die natuurlike balans in die grond herstel en is saamgestel vir gebruik by grond waar sekere grondgedra­agde patogene organismes voorkom. Eerstens irriteer die organiese sure die selwande van die aalwurms, wat hulle dan aan infeksies blootstel. Die Paecilomyc­es-swamme val ook die aalwurms en hul eiers aan.

“Om die werking van Mos-Nema aan te help, dien ons ook Mos-Woema (reg. nr. B4882) teen 20 liter/ha toe om seker te maak daar is genoeg aminosure in die grond,” sê Freddie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa