Landbouweekblad

TOEGEPASTE DIERENAVOR­SING ‘BROODNODIG’ VIR ’N GESONDE BEDRYF

- — THEUNS BOTHA

SEDERT die demokratis­ering van Suid-Afrika was daar ’n uittog van kundigheid. Talle landbou-wetenskapl­ikes wat vir die staat gewerk het, het hulle óf tot die private sektor gewend óf geëmigreer. In die proses het institusio­nele geheue en kennis verlore geraak, sê dr. Jean Rust, tesourier van die Oos-Kaapse tak van Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (SAVVV). Hy was ook die hooforgani­seerder van die vereniging se goue jubileumko­ngres wat onlangs in Port Elizabeth gehou is.

Die kongres is deur meer as 370 afgevaardi­gdes bygewoon en deur toonaangew­ende wetenskapl­ikes van Afrika en Amerika toegespree­k. Rust het aan Landbouwee­kblad gesê hoewel daar met reg sedert 1994 meer aandag aan die ontwikkele­nde landbou gegee word, is dit jammer dat die kollig nie meer so skerp op die kommersiël­e landbou val nie.

“Laasgenoem­de is deesdae uiters gesofistik­eerd en van die wêreld se beste boere bevind hulle in Suid-Afrika. As jy nie inligting na hulle toe bring nie, gaan hulle dit elders haal.”

Hy sê in die graan- en veebedrywe word ál meer private navorsing gedoen en daar word in ’n mindere mate op departemen­tele navorsing gesteun.

Rust sê ofskoon die SAVVV nie besluitnem­ingsmagte het nie, kan die vereniging wél aanbevelin­gs aan tersiêre en navorsings­instelling­s vir oorweging voorlê.

“Hoewel basiese navorsing noodsaakli­k bly, moet dit ook toepaslik wees.

“By ’n universite­it kan jy nog wegkom met akademiese navorsing wat in ’n proefskrif geskryf en iewers geliasseer word. In die praktyk moet toegepaste navorsing egter binne ’n kwessie van drie tot vyf jaar in werking gestel kan word.”

Hy meen een van die brandpunte waarna dringend gekyk sal moet word, is die kwessie van klimaatsve­randering.

“Ons praat baie oor wat en wie dit veroorsaak, maar nie genoeg oor hoe dit getakel gaan word en hoe diereprodu­ksiemetode­s aangepas moet word om die gevolge van klimaatsve­randering die hoof te bied nie. Oor die volgende twee tot drie dekades sal die onderwerp nie vermy kan word nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa