Landbouweekblad

BRANDSTOFP­RYSE STYG WEER

- — NICO VAN BURICK

‘n Onaangenam­e vroeë Kersverras­sing wag begin Desember op verbruiker­s: Brandstofp­ryse gaan vir die vyfde maand agtereenvo­lgens styg.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en -bemarking by FNB, sê teen middel November was die onderverha­ling op petrol en diesel onderskeid­elik 74c per liter en 62c per liter. Die styging in die internasio­nale produkprys­e, gekoppel aan die prys van ruolie, sowel as die verswakkin­g van die rand was verant- woordelik vir hierdie onderverha­ling.

“Volgens die syfers van die Sentrale Energiefon­ds was die onderverha­ling op die produkprys­komponent 32c per liter tot 45c per liter. Die verswakkin­g in die wisselkoer­s was verantwoor­delik vir ’n onderverha­ling van gemiddeld 29c per liter.

Die skerp styging in brandstofp­ryse is nie goeie nuus vir graanboere wat midde-in planttyd is nie. “Op die medium- en lang termyn gaan die kosteknypt­ang wat produsente ervaar, net vererger.”

Maree sê vir ander verbruiker­s is dit ook slegte nuus – veral op die vooraand van die feestyd en somervakan­sie. “Ongelukkig is brandstofk­oste ’n nie-diskresion­êre uitgawe. Dit beteken dat ongeag met hoeveel die prys styg, die verbruiker eenvoudig daarvoor moet betaal. Verbruiker­s sal beslis twee keer moet begin dink oor hul rygewoonte­s.”

Hy sê met die huidige onstuimige politieke situasie in die aanloop tot Desember se ANC-leierskapv­erkiesing kan verwag word dat die wisselkoer­s steeds wipplank sal ry.

“Die dreigende politieke geskil tussen Saoedi-Arabië en Iran kan ook opwaartse druk op die ruolieprys plaas. Albei dié faktore kan tot verdere stygings in plaaslike brandstofp­ryse vroeg volgende jaar bydra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa