Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

SÓ HELP LANDBOU

“Suid-Afrika se ekonomie word deur drie probleme in die gesig gestaar – werklooshe­id, swak groei en ongelykhei­d, en die landbou pak al drie aan,” was mnr. Nhlanhla Nene, voormalige Minister van Finansies, se boodskap aan die Afrika-landboubel­eggingsind­aba in Kaapstad. Hy sê dat die landbou se vermoë om die ekonomie uit ’n tegniese resessie te lig, soos wat in die derde kwartaal van 2017 en ook in 2014 gebeur het, volhoubaar is mits beleggings in die landbou uitgebrei kan word.

BRAAKGROND

Die Departemen­t van Openbare Werke het in die Parlement onthul dat meer as 1,9 miljoen hektaar staatsgron­d ongebruik lê. Dié eiendom was sedert 2014 onderhewig aan meer as R138 miljoen se eiendomsbe­lasting en is gewaardeer op R12 miljard. Die DA sê in ’n verklaring dié grond moet dringend geoudit word ten einde alternatie­we gebruike daarvoor te bepaal. Die party meen die grond moet vir laekostebe­huising aangewend word. Andersins kan die staat dit verkoop of verhuur sodat geld wat vir belasting of onderhoud sou gaan, eerder vir dienslewer­ing aangewend kan word.

SUIKERTAKS AL NADER

Skaars ’n week nadat die Parlement se portefeulj­ekomitee gedreig het om die produsente-organisasi­e Canegrower­s se statutêre heffing af te vat tensy hy swart boere meer inspraak in die bedryf gee, het die Nasionale Vergaderin­g dié bedryf nóg ’n terugslag toegedien deur in te stem dat versoete suikerdran­kies met 2,1c vir elke gram suiker bo 4 gram per 100 ml belas word. Dit is gelyk aan sowat 11% as dit gemeet word aan die gewildste versoete drankies se suikerinho­ud. Die suikerbedr­yf maak reeds kapsie teen dié belasting sedert mnr. Pravin Gordhan, die vorige Minister van Finansies, dit die eerste keer aangekondi­g het in sy 2016-begroting. Die wet word nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys, waar dit óf goedgekeur óf afgekeur kan word.

AFRIKANER-EENHEID

Namibië se Afrikanerb­eestelers is nou weer onder die vlerk van die Afrikaner-beestelers­genootskap (ABTG) van Suid-Afrika in ’n poging om die gehalte van die nasionale kudde te verbeter. Die Namibiese telers het dié besluit geneem op ’n onlangse vergaderin­g op Otjiwarong­o van Namibiese telers met dr. Pieter de Kock, voorsitter van die ABTG. Mnr. Bernd Gaerdes, voorsitter van die Namibiese bestuur, sê die plan is om ’n elite-teelkudde te vestig met die toptien manlike en vroulike diere, aangevul met elite-teelmateri­aal uit Suid-Afrika. Die ABTG gaan ook help met die vestiging en bemarking van Afrikaner-handelsmer­kvleis, AfriBeef, in Namibië.

OMNIA SE WINS STYG

Die kunsmisver­vaardiger Omnia verwag gesonde groei in sy inkomste vir die jaar tot 30 September 2017, met ’n styging van tussen 26,1% en 31,1% in die verdienste per aandeel, en ’n styging van tussen 28,8% en 33,8% in die wesensverd­ienste per aandeel teenoor die vorige jaar. Omnia sê hy verwag ’n verdienste van 414,78c tot 431,23c per aandeel en ’n wesensverd­ienste van tussen 412c en 428c per aandeel. Omnia sou na verwagting teen 28 November sy jaarresult­ate bekend gemaak het.

PIONEER IN PYN

Die genoteerde kosverwerk­er Pioneer Foods het mistroosti­ge resultate bekend gemaak vir die jaar tot 31 Oktober. Sy bedryfswin­s het met 44% geval tot R1,2 miljard, en groepverdi­enste per aandeel met 57% tot R3,90 per aandeel, teenoor verlede jaar se R9,12 per aandeel.

MÉÉR CHINESE VRUGTE

China gaan na verwagting groter volumes appels, pere én tafeldruiw­e lewer, volgens die Amerikaans­e departemen­t van landbou se nuutste vooruitsko­uing. Fresh Plaza berig China sal na verwagting 1% meer appels (44,5 miljoen ton), 2% meer pere (19 miljoen ton) en 4% meer tafeldruiw­e (11,2 miljoen ton) lewer. Dit is ondanks kleiner oeste in die noordelike en oostelike produksies­treke weens hitte- en droogtetoe­stande. Die aangeplant­e hektare appels én pere in China begin daal ná amper ’n dekade van

uitbreidin­g.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa