Landbouweekblad

ERGE KOUE EIS MEER AS 2 000 SKAPE IN DIE SUID-VRYSTAAT

-

Meer as 2 000 stuks skaap het in die Suid-Vrystaat, asook elders in die sentrale binneland, gevrek weens die ongewoon koue weer wat Suid-Afrika voorverled­e week getref het. Hier is van die kommentaar wat op LBW se Facebook-bladsy ontvang is.

SUSSIE POSTHUMUS LE GRANGE skryf: Dit is vreeslik. Die Vader se hand is oor alles, maar ’n mens kan nie help om te wonder hoekom so iets moet gebeur nie.

FLIP BOOYSEN skryf: Maar boere doen ook niks as hulle ’n weerwaarsk­uwing kry nie. Laat die diere maar vrek op die land en kla later.

MAUDENE VAN DER LINDE

antwoord: Waar gee jy skuiling aan duisende geskeerde skape as die koue met ysreën en wind opkom? Julle weet duidelik nie hoe maklik dit gebeur nie. Jammer oor ons medeboere se verlies. GARATH DE KOCK skryf: Wanneer skape aan erge koue dood is, kan dit sekerlik nog geslag en verkoop word. Is ek reg dat boere dan nie werklik finansiële skade ly nie?

JAN KRUIZINGA antwoord: ’n Skaap word geslag wanneer dit nog leef. Dan bloei die skaap uit. Indien ’n skaap weens byvoorbeel­d koue vrek en daarna afgeslag word, bly die bloed in die vleis. Die vleis is ongeskik vir menslike gebruik. Die skade wat die boer ly, is reusagtig. Ook sy aanteel is daarmee heen. Skape word oor jare geselektee­r. Om hulle te vervang, is ’n lang proses.

CHARLES VAN SCHALKWYK

skryf: Met slag in ’n abattoir word die ingewande ook baie vinnig verwyder. Dit het ’n baie hoë bakteriese lading, wat die vleis van ’n dier wat gevrek het, besmet. Dit beïnvloed ook die smaak van die vleis. Soos almal genoem het, is die bloed in die vleis ’n verder bron vir die verspreidi­ng van bakteriëe. ’n Volle operasione­le skaapabbat­oir kan omtrent 2 500 skape per dag slag. ’n Enkele boer en sy werkers (sonder die regte geriewe en verkoeling) op die plaas sal baie lank slag aan byvoorbeel­d die 1 250 skape wat by ’n boer van Phillipoli­s gevrek het.

KOBIE FOUCHÉ skryf: My hart gaan uit na die boere. Die weer is vanjaar so onvoorspel­baar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa