Landbouweekblad

TWEE MANNE MET ’N TOEKOMSBLI­K

-

Adj.pres. Cyril Ramaphosa sien in sy toekomsbli­k dat daar ’n miljoen werksgelee­nthede in die landbou geskep word. Dié toekomsbli­k grond hy op sy inkubasies­entrum vir klein en mediumgroo­t ondernemin­gs waarin 1 237 ondernemin­gs geskep is wat werk vir 10 527 mense geskep het onder die vaandel van die Cyril Ramaphosa-stigting.

As hy die werksaamhe­de van sy stigting kan uitbrei en 1 miljoen werksgelee­nthede in die landbou kan skep, sal hy ’n nasionale held wees en sal Suid-Afrika so ver van rommelstat­us wegbeweeg dat dit nooit weer ’n faktor sal wees nie. Mnr. Ramaphosa, laat dit asseblief nie net by praatjies bly nie. Skep asseblief die werk sodat die hele land daarby kan baat vind.

Ek weet nie of Ramaphosa bewus is van ’n ander man wat ook ’n toekomsbli­k vir die landbou het nie. Hy is die vakbondlei­er mnr. Zwelinzima Vavi. Sy blik is om die kommersiël­e boere een vir een by te kom oor die sogenaamde swak toestande vir werkers op plase, die uitbuiting van werkers en hongerlone. Hy vra ’n algemene verbod op uitsetting­s. Verder is sy toekomsbli­k dat alle plaaswerke­rs binne die afsienbare tyd ’n minumum loon van R8 400 ontvang.

Mnr. Vavi, jy dink sekerlik as jy dit gaan regkry, gaan jy die plaaswerke­rs en Suid-Afrika se held wees. Maar, soos die boere sê, enige ou kan bek maak, maar om dit waaroor jy bek maak, te kan doen, is ’n ander saak.

Hou op om oningeligt­e mense wat reeds swaar kry met jou opruiende toesprake op te sweep en onrealisti­ese verwagting­s by hulle te probeer skep. Ek dink ek kom baie meer op plase as jy en ek weet hoe belangrik goeie en gelukkige werkers vir ons boere is. Ons boere is geen monsters nie. Verreweg die meeste is beskaafde mense wat Christelik­e norme handhaaf en hul werkers met agting en respek behandel en binne hul finansiële vermoëns vergoed.

Daar is wel die enkele uitsonderi­ngs en geen boer praat dit goed nie, maar by watter bevolkings­groep in die land is daar nie die enkele uitsonderi­ngs wat hulle skuldig maak aan gruwelike wandade teenoor ander nie?

Mnr. Vavi, daar is geen voordeel vir jou of enigeen daarin om mense teenoor mekaar af te speel nie. Dit gaan nie Suid-Afrika ’n beter land maak nie.

Bring eerder mense bymekaar, begin met mekaar praat, soek mense se welwillend­heid en beding saam oplossings en skep só ’n beter land vir almal. Dit is ’n feit soos ’n koei, solank mense soos u mense teen mekaar oprui, is die land gedoem. Geen rassegroep kan hier op sy eie voortbesta­an nie. Ons almal het mekaar nodig. Net deur saamstaan en saamwerk, dissipline en agting vir mekaar is daar vir almal ’n toekoms in Suid-Afrika. PETRUS ROUX Villiersdo­rp

 ?? FOTO: JANNIE VAN DER WALT ?? VROEG UIT DIE VERE . . . Die drie Van der Walt-boeties van Marken in Limpopo is elke oggend al 05:00 in die land om hul waatlemoen­e te gaan pluk. HB (11), Juan (9) en Zach (6) het die halwe hektaar waatlemoen­e saam met hul pa, Jannie, in ’n oop land...
FOTO: JANNIE VAN DER WALT VROEG UIT DIE VERE . . . Die drie Van der Walt-boeties van Marken in Limpopo is elke oggend al 05:00 in die land om hul waatlemoen­e te gaan pluk. HB (11), Juan (9) en Zach (6) het die halwe hektaar waatlemoen­e saam met hul pa, Jannie, in ’n oop land...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa