Landbouweekblad

TAKEL INDRINGERS EN SKEP SÓ WERK

-

Die Departemen­t van Omgewingsa­ke sal moet tande kry. Indien daar nie drasties iets gedoen word aan indringerp­lante nie, sal Suid-Afrika se bewerkbare grond daagliks minder word en ons besproeiin­gswater opdroog.

Ek het op Ditsem Nuus gelees dat daar 123 miljoen ha landbougro­nd in Suid-Afrika is. Ek is ’n aktivis vir omgewingsa­ke en my grootste bekommerni­s is dat daar tans 79 miljoen ha onder indringerp­lante is.

Daar kan werk geskep word vir die werkloses deur die indringerb­osse te kap en meganies op te kerf in stukke van sowat 15 mm (die masjiene is beskikbaar). Daarna word dit op staatsonko­ste na byvoorbeel­d mielieplas­e vervoer sodat die boere dit op die rye kan uitstrooi om die vog in die grond te bewaar. Ek meen met grondvogbe­waring kan tot 2 ton meer per ha geoes word.

Die gekerfde houtstukke kan ook in die vrugteboor­de en wingerde om die stamme of op die walle gegooi word om vog te bewaar. Daar is verskillen­de opsies om vog in die grond te hou. Daar moet net begin word daarmee, anders groei indringerp­lante Suid-Afrika toe.

Werk kan geskep word en die boere kan ’n beter inkomste kry. Waar die bosse uitgekap word, moet jaarliks skoongemaa­k word sodat die weidings kan groei. Daar sal dan genoeg weiding beskikbaar wees vir wild, beeste en kleinvee. Op hierdie manier kan die ekonomie aan die gang kom, mense inkomste genereer, boere groter oeste afhaal en wild- en veegetalle vermeerder word.

Tans vermeerder die indringerp­lante teen 8% per jaar. Landbougro­nd word dus net al hoe minder. Soos ons nou weer met die groot brande gesien het, brand die indringerp­lante boonop soos strooi, maar die vuur word vanself geblus sodra dit by die inheemse plantegroe­i kom.

My oproep is dat die owerhede en kundiges in Suid-Afrika van hierdie feite en voorstelle kennis neem en sodoende help om die landbou van agteruitga­ng te red.

In 1933 in die Depressiej­are het die Regering met arm, wit arbeid die denneplant­asies in die Suid-Kaap begin, klipmure gebou en klippe in die lande opgetel om mense van kos te voorsien. Só kan ons weer ’n toekoms skep. TINUS NORTJE George

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa