Landbouweekblad

Só lyk die nuwe reëls

- — JOYLENE VAN WYK

DIE meeste van die landbouwaa­rdeketting sal aan die nuwe bemagtigin­gskodes moet voldoen. Ondernemin­gs met ’n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen word kwytgeskel­d.

Ondernemin­gs sonder winsbejag kan ook aansoek doen om kwytskeldi­ng.

’n Ondernemin­g met ’n omset van R10 miljoen tot R50 miljoen word as ’n kwalifiser­ende klein ondernemin­g beskou en dié met ’n jaarlikse omset van meer as R50 miljoen as ’n groot ondernemin­g. Voldoening aan die kodes is afdwingbaa­r vir enige ondernemin­g wat die meeste van sy omset uit die volgende kry: Primêre landboupro­duksie; Die voorsienin­g van insette en dienste aan ondernemin­gs wat landboupro­dukte produseer; Waardetoev­oeging tot landboupro­dukte, primêr en/of gedeelteli­ke waardetoev­oeging; Die opberging, verspreidi­ng en/of die handel en verwante bedrywighe­de verbonde aan produkte waartoe nie waarde gevoeg word nie. Ondernemin­gs se SEB-status word gemeet aan vyf elemente: Eienaarska­p, bestuur, vaardighei­dsontwikke­ling, verskaffer-ontwikkeli­ng en maatskapli­k-ekonomiese ontwikkeli­ng. Hiervan geniet drie aspekte prioriteit: Eienaarska­p, verskaffer-ontwikkeli­ng en vaardighei­dsontwikke­ling. Groot ondernemin­gs is verplig om aan al drie te voldoen.

’n Kwalifiser­ende klein ondernemin­g moet voldoen aan minstens twee van die drie elemente, en word verplig om eienaarska­p van 40% van die netto waarde van die ondernemin­g oor te dra aan voorheen benadeelde­s. Die volledige kodes is by

beskikbaar. Hou artikels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa