Landbouweekblad

VEILIGHEID HOU NOOIT VAKANSIE

- — ALANI JANEKE en LISA LOTTERING

Die feestyd is ’n geleenthei­d vir misdaad, en geen plaasbewon­er kan bekostig om te laat slaplê met gewone veiligheid­smaatreëls nie, waarsku mnr. Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike veiligheid. “In die feestyd kry plaasmense familie en vriende wat kom kuier vir Kersfees en dan is almal in ’n gemaksone. ’n Mens is nie oplettend vir vreemde voertuie wat op plaaspaaie ry nie.” sê hy.

Hy maan ook boere om bure en die plaaslike polisiekan­toor in kennis te stel van hul afwesighei­d sodat polisie en lede van die plaaswag die omgewing kan patrolleer.

Breytenbac­h herinner boere ook daaraan om veiligheid­smaatreëls, soos diefwering en veiligheid­shekke, te tref, en nie kontant onverantwo­ordelik op plase te hanteer nie.

Hy benadruk ook weer die wenk dat boere ’n gelaaide selfoon in hul huise moet versteek vir moontlike krisisse.

“As jy iets vreemd buite hoor, moet liefs nie uitgaan nie. Aktiveer eerder die veiligheid­stelsel sodat jou bure jou kan bystaan in die geval van ’n krisis. En as een van jou gaste in die aand dalk iets uit sy of haar voertuig wil gaan haal, vra of dit kan wag tot die volgende oggend of vergesel hom of haar na die motorhuis.”

Hy sê dit is ook raadsaam om ’n besoekersr­egister te hou vir plaaswerke­rs en -bewoners se besoekers, veral diegene wat by hulle sal oornag.

Vir só ’n register kan die besoeker se details, soos sy naam en van, identiteit­snommer, telefoonno­mmer en adres, gevra word.

“Dit sal die boer help met naspeurbaa­rheid, en help met toegangsbe­heer, soos Agri SA se plaasproto­kol vir toegang tot plase uitwys,” sê hy.

Die KwaZulu-Natalse departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng waarsku dat daar die afgelope weke ’n skielike toename in veediefsta­l voorkom en maan alle veeboere en huishoudin­gs wat vee aanhou om bykomende veiligheid­smaatreëls in te span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa