Landbouweekblad

WOL SA KELDER NUWE FINANSIERI­NGSPLAN

- THEUNS BOTHA

DIE Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) se voorstel dat die wolbedryf ondersoek instel na maniere om te verseker dat broodnodig­e dienste aan wolboere volhoubaar gefinansie­r word, is by die jongste vergaderin­g van die Wolforum uitgestem.

Dié dienste sluit in skeeroplei­ding, navorsing oor roofdierbe­kamping en roofdier-monitering, wat uit die Woltrust gefinansie­r word, asook verspreidi­ng van die organisasi­e se amptelike publikasie, Die Wolboer, aan almal wat by wol ’n belang het.

Die ondersoek sou net kon voortgaan indien daar konsensus op die forum was, maar Wol Suid-Afrika se twee verteenwoo­rdigers het teen die voorstel gestem.

Bewerings het ná die vergaderin­g op sosiale media die rondte gedoen dat die NWKV met dié versoek “verskuilde motiewe” gehad het. Mnr. Danie Schoeman, voorsitter van Wol Suid-Afrika, wou nie op dié beweringe kommentaar lewer nie, maar het erken dat sy organisasi­e teen die NWKV se voorstel gestem het.

LANG AANLOOP

Mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die NWKV, het aan Landbouwee­kblad gesê die NWKV se bestuur bespreek reeds geruime tyd die volhoubaar­heid van die finansieri­ng van sekere noodsaakli­ke dienste uit die Woltrust.

“Ons standpunt is dat daar proaktief opgetree word, ingeval die dag aanbreek dat daar nie voldoende opbrengste uit die trustgeld is om vir bepaalde dienste te betaal nie.”

Hy sê daar is twee opsies om dienste te finansier as die Woltrust se opbrengste weens die swak ekonomie onder te veel druk kom. Die een is ’n statutêre heffing – wat nie die NWKV se nasionale bestuur se keuse is nie – óf ’n bedryfsbyd­rae, soos tans, waar 15c/ kg van alle wolboere verhaal word vir die plaaslike en internasio­nale bevorderin­g van die vesel.

“Die NWKV se siening is dat indien die bedryfsbyd­rae met 7c/kg (22 sent/kg in totaal) verhoog en herstruktu­reer word, die voortbesta­an van die betrokke dienste vir die toekoms verseker sal wees en daar steeds geld vir wolpromosi­e beskikbaar sal wees.

“Daar is verder besluit indien so ’n ondersoek gedoen word, daar vooraf met wolboere gekonsulte­er sal word. Die beginsel is dat dit op almal wat wol lewer, van toepassing­s sal wees, en die inkomste slegs op voorafbepa­alde projekte bestee sal word.”

KOPERS

Du Toit sê die NWKV se standpunt is aan die Suid-Afrikaanse Wol- en Bokhaarkop­ersverenig­ing (Sawamba) oorgedra. Dié

BEMARKING

organisasi­e het aangedui hy sal te vinde wees vir so ’n ondersoek, mits dit op die Wolforum bespreek en konsensus bereik word.

“Ons het Wol Suid-Afrika genader om voor die forum ’n gesprek te voer. Indien die voorstel aanvaar word, sal dit slegs sowat 0,3% van die SA skeerselwa­arde beloop vergeleke met die 2,7% wat Australies­e boere vrywillig betaal,” sê hy.

Du Toit sê die NWKV sal voortgaan om sy lede te konsulteer en ’n verdere gesprek met Wol Suid-Afrika aan te vra omdat hy meen dit ’n eerbare en deursigtig­e voorstel is om baie belangrike basiese dienste vir die toekoms te verseker wat tot voordeel van die bedryf, maar veral produsente, sal wees. —

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Skeeroplei­ding is een van die dienste waarvoor die NWKV met ’n ondersoek na finansieri­ng ’n volhoubare toekoms wou verseker.
FOTO: JOHAN NORVAL Skeeroplei­ding is een van die dienste waarvoor die NWKV met ’n ondersoek na finansieri­ng ’n volhoubare toekoms wou verseker.
 ??  ?? Mnr. Guillau du Toit
Mnr. Guillau du Toit
 ??  ?? Mnr. Peter Ackroyd
Mnr. Peter Ackroyd

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa