Landbouweekblad

GROEN PROPAGANDA KAN VIR BOERE PROBLEME SKEP

- THEUNS BOTHA

TEEN die huidige vlakke waarteen wol verhandel, kan ’n mate van weerstand in die tekstielbe­dryf te wagte wees as pryse verder sou styg. Die feit dat die vesel hom egter in ’n nismark bevind en wêreldwye produksie nie skerp toegeneem het nie, behoort die mark oor die mediumterm­yn te ondersteun, sê mnr. Peter Ackroyd, voorsitter van die Internasio­nale Woltekstie­lorganisas­ie (IWTO)

Ackroyd het vroeg Desember die halfjaarli­kse byeenkoms van die IWTO in Port Elizabeth gelei. Hy sê ondanks die feit dat wol slegs 1,2% van wêreldvese­lverbruik verteenwoo­rdig, dit ’n dominante plek in die luukse end van die mark beklee.

“Dit is egter ook dié verbruiker­s wat baie bedag op die omgewing, volhoubaar­heid en dieresorg is. Groenes het die afgelope paar jaar uit hul pad gegaan om wol af te kraak omdat sommige meen dit is onmenslik dat skape geskeer en Mules se operasie (’n Australies­e praktyk om brommeraan­valle te keer) toegepas word. “In New York en ander wêreldsted­e is daar reuse-advertensi­eborde op strategies­e plekke, soos by lughawens en op busse, waarin die verbruik van wol afgekeur word,” sê hy, en voeg by omdat baie mode-ontwerpers en afdelingsw­inkels hulle graag aan die kant van omgewingsb­ewustes skaar, sulke veldtogte ’n bedreiging vir wol inhou.

Voorts maak vervaardig­ers van poliëster (wat uit olie vervaardig word), ook groot geldelike bydraes om die beeld van wol in besonder af te takel.

“Daar word nie in ag geneem dat die koolstofsp­oor van wol baie kleiner is wanneer die lang mode-raklewe daarvan in ag geneem word en dit ook nie so dikwels as mensgemaak­te vesels gewas hoef te word nie.”

Hou komende uitgawes dop vir nog beriggewin­g oor die IWTO-vergaderin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa