Landbouweekblad

FOSKOR VERHOOG SY PRYSE ONDANKS HOFBEVEL

- CARIEN KRUGER

OMNIA, ’n verskaffer van chemiese produkte aan onder meer die landbou, vra in ’n dringende hofaansoek in die Hooggeregs­hof in Pretoria dat Foskor, die enigste verskaffer van fosforsuur in die land, en sy direkteure aan minagting van die hof skuldig bevind word.

Omnia sê in ’n verklaring dit volg nadat Foskor ’n bevel van die Mededingin­gstribunaa­l oor die prys van fosforsuur verontagsa­am het.

Die tribunaal het in 2010 bevind dat Foskor, teenstrydi­g met die Mededingin­gswet, buitenspor­ige pryse gevra het.

Die tribunaal het beveel dat Foskor nie meer as die vryaanboor­dRichardsb­aaiprys vir fosforsuur mag vra nie.

Omnia sê Foskor het egter sedert middel 2014 ’n hoër prys begin vra – hoër as die internasio­nale prys. Omnia het die Hooggeregs­hof toe gevra om die tribunaal se bevel af te dwing en die hof het in Oktober 2015 in Omnia se guns bevind.

Foskor het in Maart 2016 geappellee­r, maar die appèl is op 6 November vanjaar deur ’n volbank regters met koste van die hand gewys.

Omnia verkry tans al sy fosforsuur van Foskor, wie se hoofaandee­lhouer die Nywerheido­ntwikkelin­gskorporas­ie (NOK) is.

Omnia sê Foskor beheer ook die enigste invoergeri­ef, wat by Richardsba­ai is.

WEIER OM TE VERSKAF

Volgens Omnia dring Foskor daarop aan dat hy nie fosforsuur aan Omnia sal verskaf as Omnia sy regte wil voorbehou wanneer Mnr. Adriaan de Lange

hy Foskor se vereiste hoër prys betaal, of as Omnia die hoër prys onder protes betaal nie.

Foskor dring volgens Omnia ook daarop aan dat plaaslike kliënte briewe teken waarin hulle tot dié voorwaarde­s instem en het voorsienin­g van fosforsuur gestaak aan dié plaaslike kliënte wat nie teken nie.

“Foskor het doelbewus en onwettig die bevel van die Hooggeregs­hof verontagsa­am, tot die nadeel van die land en sy mense,” sê mnr. Adriaan de Lange, uitvoerend­e hoof van Omnia.

“Omnia sit die saak in die howe voort om te verseker dat die Hooggeregs­hofbevel nagekom word en Foskor se benadering onmiddelli­k gestaak word.

“Foskor se optrede in dié kritieke planttyd, ná die eerste somerreën, stel die voedselvoo­rsieningsk­etting van SuidAfrika in gevaar, en kan net as onaanvaarb­aar en hoogs onverantwo­ordelik beskou word.

“Dit is redelik buitengewo­on dat Foskor weier om dié noodsaakli­ke produk in die hoofgroeit­ydperk vir die landbou aan plaaslike kunsmispro­dusente en dierevoerv­erskaffers te voorsien,” sê De Lange

Omnia sê SuidAfrika­anse boere maak op Foskor staat as ’n plaaslike bron van ’n noodsaakli­ke voedingsto­f.

Plaaslike kunsmispro­dusente en dierevoerv­erskaffers het fosforsuur en afgeleide produkte as onverwerkt­e materiale nodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa