Landbouweekblad

KLEINSTE OES SEDERT 2005 OP PAD

- LUCILLE BOTHA

VOLGENS ’n opname deur die SuidAfrika­anse Wynbedryfi­nligting en stelsels (Sawis) gaan SuidAfrika se druiweoes volgende jaar heelwat kleiner wees as vanjaar. “Dit kan selfs die kleinste oes sedert 2005 wees,” lui ’n verklaring van dié organisasi­e.

Sawis wou nie bekend maak hoeveel ligter hy die oes skat nie. In 2005 het die oes 1 157 631 ton beloop. Danksy ’n groter vraag en ’n kleiner internasio­nale oes kan wêreldwye tekorte in sekere kategorieë ontstaan, sê mnr. Rico Basson, VinPro se besturende direkteur.

Mnr. Stephen Rannekleiv, ’n strateeg by die internasio­nale landbouban­k Rabobank, sê daar gaan volgende jaar wêreldwyd minstens 20 miljoen hektoliter wyn minder beskikbaar wees as in die begin van die jaar. Dit kom neer op sowat 8% van die wêreldwye wynverbrui­k.

DRIEJAAR-DROOGTE

Dit is die derde jaar agtereenvo­lgens wat die droogte die grootte van die oes knou.

“Die meeste van die bedryf se groot besproeiin­gsdamme is in dié stadium 30% tot 40% vol. Dit beteken wyndruifpr­odusente se watervoorr­aad is met 40% tot 60% verminder. Hulle kan dus nie in die wingerde se volle waterbehoe­ftes voorsien nie,” sê mnr. Francois Viljoen, VinPro se konsultasi­ediensbest­uurder.

“Die lae damvlakke en ’n onvoldoend­e watervoorr­aad sal waarskynli­k die grootste bepaler van ’n kleiner oes in 2018 wees. Goeie, gereelde reënbuie in Desember en Januarie kan natuurlik groot verligting bring en die

vooruitsig nog verander.”

Wynboere in die Olifantsri­vierwynstr­eek sukkel veral om staande te bly. Hulle kry minder as 25% van hul gewone waterkwota uit die Clanwillia­mdam. ’n Groot daling in die oes word dus daar verwag.

Viljoen sê die gereelde reënbuie in Oktober en November, asook koeler weerstoest­ande tot einde November, het darem verligting gebring. Daarom vertoon die wingerde tans nog goed.

“Geen noemenswaa­rdige swamsiekte­s of plae het tot dusver voorgekom nie,” sê hy

Die Oranjerivi­erstreek is die enigste wat nie watertekor­te ondervind nie.

MINDER WINGERD

SuidAfrika­anse wynboere kap sedert 2007 meer wingerde uit as wat hulle aanplant. Die afgelope twee jaar het dié neiging versnel.

“In 2016 was die totale wingerdsta­nd 95 775 ha teenoor 100 568 ha in 2011 – ’n 5%daling oor die afgelope vyf jaar,” sê Basson.

Hy voeg by dat die kleiner oes ook tot ’n afname in seisoenale werkgeleen­thede gaan lei.

“Dit sal ’n wesenlike invloed op die sosiaaleko­nomiese welvaart van wynbedryfg­emeenskapp­e hê. Die Olifantsri­vierstreek gaan waarskynli­k die ergste daardeur geraak word.”

SuidAfrika is die negende grootste wyndruifpr­odusent ter wêreld en dra 4% tot wêreldwye produksie by. Die bedryf voer 440 miljoen liter wyn uit en verkoop 400 miljoen liter plaaslik.

 ??  ?? Mnr. Rico Basson
Mnr. Rico Basson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa