Landbouweekblad

SOMERGESAA­IDES | Die uurglas loop leeg

- — ALANI JANEKE

“Dis nie goed vir ’n ou se senuwees dié tyd van die jaar nie,” sê mnr. Gys Olivier, ’n saaiboer van Hertzogvil­le in die Wes-Vrystaat, oor die wisselvall­ige weer wat al die hele planttyd heers.

By Viljoenskr­oon het sommige boere se reënmeters al oorgeloop, terwyl ander boere tussen Parys en Potchefstr­oom sê hul beeste trek swaar weens besonder nat toestande.

Olivier sê hy het nog nie voldoende reën gehad om te kan plant nie. In die eerste week van Desember het hy maar 7 mm gehad, maar elders in sy distrik het daar al 30 mm geval en was die trekkers aan die gang.

Olivier sê hulle hou wel moed. Die situasie beïnvloed nie net boere se vermoë om binne die optimale planttyd te kan plant nie, maar met die langer wag moet hulle gereeld hul “resep” ten opsigte van onkruidbek­amping en primêre bewerkings aanpas. “Die laaste paar jaar het ons tot in Januarie geplant en dit het ons gelukkig nog nie geknou nie.”

TE NAT OF TE DROOG

Intussen sê mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, sommige boere se landerye is te nat om te kan plant, terwyl hulle elders ook nie kan plant nie aangesien hul grond te droog is. Sy grond in die distrik Hennenman is byvoorbeel­d te nat om te kan plant, terwyl hy nog wag op reën op sy plaas naby Bothaville.

Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, sê boere in die westelike en oostelike dele van dié provinsie het teen druktyd al goeie reën gehad.

“Dis in die sentrale dele, soos by Mahikeng, Zeerust en Swartrugge­ns, waar dit nog baie droog is. Boere by Lichtenbur­g en Potchefstr­oom het al goeie reën gehad, en by Bray en Vorstersho­op het boere al 40-46 mm gemeet.”

SONNEBLOMM­E

Oor die moontlikhe­id dat boere eerder sonneblomm­e as mielies gaan aanplant, sê Minnaar daar is nog nie ’n wesenlike skuif onder boere om sonneblomm­e aan te plant weens die laat reën nie. “Hoe langer die reën wegbly, hoe sterker gaan boere dit oorweeg om sonneblomm­e aan te plant.”

Minnaar sê daar bestaan nie groot probleme met die beskikbaar­heid van sonnebloms­aad nie, hoewel sommige kultivars dalk later nie geredelik beskikbaar sal wees sou die vraag toeneem nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa