Landbouweekblad

STAAT VERSAAK PRODUSENTE IN STRYD TEEN VIRUS

-

DIE eerste landwye uitbreking van ’n hoogs aansteekli­ke voëlgriepv­irus, H5N8, het die plaaslike pluimveebe­dryf in Junie getref en veral in die Wes-Kaap tot groot verliese gelei.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het beloof om produsente te vergoed vir die gesonde hoenders wat hulle uitgeslag het, maar teen druktyd was daar nog geen aanduiding van wanneer en hoeveel betaal sou word nie.

Voëlgriep het ook Europese produsente begin vanjaar in hul winter swaar getref. Suid-Afrika het in reaksie daarop die invoer van pluimveepr­odukte uit verskeie Europese land verbied. Amerika en Brasilië het egter vinnig daarop gereageer en hul uitvoer verhoog.

Die meeste ingevoerde hoendervle­is het vanjaar uit Brasilië gekom. Brasiliaan­se hoendervle­is is wel onderhewig aan invoertari­ewe, wat in 2013 verhoog is om die plaaslike bedryf te beskerm.

FAIRPLAY

pluimveepr­yse ook gestyg.

Genoteerde pluimveepr­odusente het daarom stewige resultate behaal. Invoer het, hoewel meer op die agtergrond, egter die hele jaar steeds ’n belangrike kwessie op die agenda gebly, onder meer sterk aangedryf deur die FairPlay-teenstorti­ngsbewegin­g.

Mnr. Francois Baird, stigter van Fairplay en ook ’n bedrewe skakelman, het gereeld sy stem dikgemaak oor die “storting” van hoendervle­is en hoe dit plaaslike werkgeleen­thede benadeel. Oudregter Richard Goldstone het die organisasi­e se beskermhee­r geword en FairPlay het in die loop van die jaar ’n paneel van verskeie kundiges onder sy vlerk gekry om hom in sy saak te ondersteun.

VERTEENWOO­RDIGING

Die georganise­erde pluimveebe­dryf het ’n woelige jaar gehad. Eers het Astral, die land se grootste pluimveepr­odusent, in Julie uit die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) bedank, wat, tesame met ander groot produsente wat nie lid was nie, die organisasi­e finansieel geknou het.

Kort daarna het mnr. Kevin Lovell, jare lange uitvoerend­e hoof van die SAPV, in Augustus bedank. Dr. Charlotte Nkuna neem nou in sy plek waar.

Produsente het egter in September besluit om die strydbyle te begrawe sodat gemeenskap­like probleme saam aangepak kan word. Die SAPV verteenwoo­rdig sedertdien 80% van die bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa