Landbouweekblad

GOEIE SPEENKALFP­RYS LÊ STEWIGE FONDASIE VIR HERSTEL NÁ DROOGTE

-

NÁ ’n moeilike jaar weens die droogte en hoë graanpryse in 2016 het dit vanjaar aansienlik beter met veeboere gegaan. Vir ’n groot deel van die jaar het beesboere goeie speenkalfp­ryse geniet.

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), het in September gesê die hoër pryse word aangedryf deur redelike uitvoer van rooivleis uit SuidAfrika. Die droogte het ook tot ’n speenkalft­ekort gelei.

Weens die invoerperm­itkwessie word minder speenkalwe­rs uit Namibië ingevoer en met die lae mielieprys kon voerkrale bekostig om meer vir kalwers te betaal.

In Augustus het die gemiddel de prys al op R35,09/kg gestaan – 71% hoër as ’n jaar vantevore. Die hele rooivleisb­edryf se omset beloop nou meer as R78 miljard.

Mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO, het in Oktober daarop gewys dat SuidAfrika 2 miljoen koeie nodig gaan hê om sy nasionale beeskudde weer op te bou ná die afgelope drie jaar se droogte. Daar is nou net 85% van die vee wat daar in 2013 was.

Boonop groei die vraag na SuidAfrika­anse rooivleis. Daarom moet boere tot elke prys daarna streef om die bekenklous­eervrye status te behou. Wat ook aandag kort, is ’n nasionale naspeurbaa­rheidstels­el vir vleis, beter bestryding van roofdiere en die bekamping van veediefsta­l.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa