Landbouweekblad

SELFS OUER AS DIE ANC!

-

Terwyl die ANC vroeg in die jaar sy 105de verjaarsda­g gevier het, kon die TLU SA op 19 September daarmee spog dat hy vanjaar 120 jaar oud geword het.

In ’n spesiale publikasie ter herdenking van dié mylpaal het die TLU SA gesê min organisasi­es kan sê hulle het die kerf van 120 bestaansja­re verbygeste­ek. As ’n mens gaan kyk na die monumente op die TLU SA se pad tot in 2017, besef ’n mens opnuut dat landboulei­ers ’n besonderse bydrae gelewer het tot voordeel van die Suid-Afrikaanse landbouer.

Die organisasi­e sê sy leiers was altyd daarop toegespits om die saak van die boer voorop te stel

en te beding vir wat vir die boer die beste is. Die beginsels van private besitreg en ’n vryemarkst­elsel is ononderhan­delbaar. Die wyse waarop die TLU SA werk, bring boonop mee dat standpunte dié van die boere self is. Buitestand­ers is nie woordvoerd­ers van die boer nie.

NUWE TUISTE

Die Pretoria-boeremark, wat meer as ’n dekade lank duisende mense op Saterdagog­gende na die Pioniersmu­seum gelok het, moes ook vanjaar ’n nuwe tuiste vind nadat die TLU SA, wat die mark besit, se tender vir die huur van die museum se perseel nie suksesvol was nie.

Die unie het ’n perseel van 5,9 ha sowat 2 km van die museum in Silverton gekoop en die mark nou daar gevestig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa